Sukses met skape laat boer wen
Toe Johann (36) ná die voltooiing van die graad B.Sc.Agric. aan Tukkies teruggekeer het Potfontein toe, was die skaapboerdery al meer as ’n dekade gelede gestaak weens ernstige probleme met diefstal. Boonop het die melkery wat sy pa vroeg in die 1970’s begin het, gesukkel om kop bo water te hou weens stygende bedryfskoste. ’n Paar dringende besluite moes geneem word. Einde 2006 is die melkery gesluit en kort daarna, in 2007, is 30 SA Vleismerino-ooie aangekoop en na Potfontein gebring. Dit was die begin van ’n kudde wat vandag 400 ooie sterk is en intensief bestuur word.
REGTE TEELMATERIAAL DEURSLAGGEWEND
Hoewel Johann die 30 ooie gekoop het om ’n teelprogram te begin, sou die hoofklem vir 2007 daarop val om lammers te soek vir ’n voerkraal wat hy op sowat 3 ha begin het, met ’n elektriese heining wat 2,1 m hoog is. Kort voor lank het hy heelwat tyd op veilings op plekke, soos Standerton, deurgebring. Hy het ook lammers by vriende en kennisse gekry om te verseker dat daar te eniger tyd 200 tot 300 lammers in sy voerkraal was.
Johann het egter groter planne gehad en was gretig om skape van die Karoo af aan te ry. Hy het selfs sy voerkraal aangepas om tot 4 000 skape in kampies vir gemiddeld 550
’n Dekade nadat mnr. Johann Pistorius in 2004 teruggekom het plaas toe om saam met sy pa, Wilhelm, te boer, is hy die TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2014. Naas gewasse op 420 ha en ’n kudde van 300 vleisbeeste, het die skape wat hy teruggebring het na Potfontein, naby Nigel, groot waarde tot die familieboerdery toegevoeg.
diere elk te hou. Teen die einde van 2007 het lewende skape (saam met voerpryse) egter só duur geword dat dit skielik nie meer lewensvatbaar was om skape te koop om vet te voer nie. “Jy het nie regtig meer geld per karkas gekry nie en dit was duur om te voer – ons het verliese in die [ voerkraal-] bedryf gely,” onthou hy.
“Ek het egter klaar begin [ met ’ n voerkraal] en ek kon nie net uitklim noudat dit sleg gegaan het nie – ek moes kyk na watter veranderinge ek kon aanbring.”
Johann het besef hy sou sy eie lammers moes teel en beheer oorneem van die waardeketting vir die maksimum wins. Hy het toe uitgesoekte teeldiere bygekoop. Teen 2010 het hy lammers geteel van 300 ooie wat puik nageslag in voerkraal-toestande kon lewer.
“Die gehalte van die skape wat ek vir die voerkraal aangekoop het, was swakker as die skape wat ek self kon teel,” vertel hy. “My eie lammers het vinniger in die voerkraal gegroei en het stadiger vet aangesit omdat ek die regte teelmateriaal gebruik het.”
Johann het egter besef dat die uitbreiding van sy skaapbedryf op Potfontein vertikaal sou moes geskied, aangesien die plaas van 1 000 ha se ruimte beperk was. Teen 2011 het hy dus ernstig begin om die voor- en nadele van laparoskopiese KI te ondersoek en besluit om ’n inligtingsessie oor dié onderwerp in Mpumalanga by te woon.
PRESISIEBOERDERY MET SKAPE
Johann se reis na die Bam-familieplaas tussen Wakkerstroom en Amersfoort in Mpumalanga in 2011 sou sy benadering tot skaapboerdery heeltemal verander. Dit was nie net danksy dít wat hy van laparoskopiese KI sou leer nie, maar ook omdat hy ’n landbou-ekonoom van FNB genooi het om dit by te woon.
Johann was vasberade om FNB te oortuig om vir hom ’n lening toe te staan vir sy beoogde kleinvee-inisiatief wat op laparoskopiese KI gegrond sou wees. “In daardie stadium het ek gesukkel om finansiering vir my veebedryf te kry,” onthou hy. “Ek het ’ n paar beeste en ’n bakkie op my naam gehad en dit was dit – niemand wou my finansier nie.”
Die dag wat hy by mnr. Dolf Bam deurgebring het, het die gewenste uitwerking gehad – voor hy terug in Gauteng was, is Johann in kennis gestel dat hy ’n lening van R700 000 by FNB sou kon kry om met laparoskopiese KI te begin en ’n skuur te bou waarin sy ooie in hokke kon lam.
Hy onthou hoe bly hy oor die nuus was; hy was vasberade om ’ n stewige lening te kry sodat hy nie sou moes kortpaaie kies nie. “Daar is miskien ’n korter pad, maar dis nie noodwendig die regte pad nie,” sê hy. “Jy moenie geld spaar net om geld te spaar nie. Partykeer is daar ’n goeie rede hoekom jy ’n paar ekstra sente in ’n bedryf moet instoot.”
Johann het reg besluit. Trouens, die KI van sy 300 ooie in die volgende jaar ( wat elke twee tot drie maande in groepe deur dr. Fritz Ras ge-KI is) het ’n gemiddelde lampersentasie van 150 meegebring.
Die feit dat sy ooie onderdak in hokke kon lam, het boonop ’ n speenpersentasie van 140 oor drie maande verseker. Sodoende kon die ooie terugkom in ’n siklus om elke tien maande te lam.
Die verhoogde omset van lammers deur die jaar (wat van vier maande tot ses maande op ’n gewig van 50 kg tot 55 kg bemarkbaar was, sonder die gebruik van groeihormone) het nie net ’ n beduidende toename in kontantvloei beteken nie. Dit het ook die versnelde seleksie van beter vleiseienskappe en beter kloue onder sy skape meegebring.
“Dis ’n intensiewer manier van boer wat minder ramme van ’n hoër gehalte by meer ooie gebruik,” sê hy oor die unieke vermoë om op ’ n enkele dag een ram met 100 tot 150 ooie te laat “paar” met behulp van KI. “Die verskil met hoe ek in die verlede geboer het, is soos dag en nag.”
Johann het geleer dat sukses eerstens van die doeltreffende bestuur van sy ooie afhang. Daarom KI hy nie ooie in Augustus en September nie – dan is daar te min kos om hulle in ’n aanvaarbare kondisie te kry. “Bestuur
Ooie en lammers in lamhokke op Potfontein.
2. Die skuur en deel van die voerkraal op Potfontein naby Nigel in Gauteng.
3. Hierdie mielies op Potfontein is deel van ’n gewasbedryfstak van 250 ha mielies en 170 ha soja. Die foto is in Desember verlede jaar geneem.
4. ’n Groep kalwers op Potfontein. Die kalfpersentasie vir die kudde was verlede jaar 80 ondanks ’n kwaai droogte. FOTO: JOHANN PISTORIUS
5. Laparoskopiese KI word deur dr. Fritz Ras, ’n veearts, op Potfontein gedoen. “Sy bydraes hier is van onskatbare waarde,” sê Johann.
droëlandmielies wat op die eiendom geplant word (hy het in die 2013/’14-seisoen ’n gemiddelde oes van 6,5 ton/ha afgehaal), het ’n sleutelkomponent van sy voerkraal geword.
“Die sekerheid wat die kuilvoer bied, maak dit lekker om te boer,” sê hy. “Dit maak die stres soveel minder.”
’n Verdere 170 ha se droëland-soja (met ’ n gemiddelde opbrengs van 2,4 ton/ ha in die 2013/’ 14- seisoen) verbeter nie net die kontantvloei nie, maar het naas sy mielies ’n waardevolle alternatiewe voedselbron in die vorm van oesreste gebied.
Johann sê die oorskakeling na minimumbewerkingstegnieke ’ n seisoen gelede was revolusionêr, nie net wat besparing op produksiekoste betref nie, maar ook ten opsigte van die tyd wat doeltreffende grondvoorbereiding volgens konvensionele metodes in beslag neem. “Met minimumbewerking is jy altyd twee stappe voor [konvensionele metodes],” sê hy. “In ons opset is tyd ’n faktor – hoe vinniger jy dit kan doen, hoe beter.”
Nog ’n bron van inkomste op Potfontein is ’ n kudde van 300 vleisbeeskoeie ( 85% Bonsmara- en 15% Drakensberger- tipe koeie) waarmee hy om die helfte saam met sy pa boer.
Die vleisbeesbedryfstak is vroeg in die 2000’s deur sy pa begin as ’ n alternatiewe inkomste tot die melkery en het gou uitgebrei met die verkoop van die 120 melkkoeie aan die einde van 2006. (Die grootste werkslas rus op Johann se skouers en sy pa help met die beeste en in druk tye, soos planttyd.)
Die afgelope drie jaar het die beeskudde ook met omtrent 40% gegroei. Die kudde het in 2014 ondanks die droogte ’n kalfpersentasie van 80 bereik en word op die veld gehou met ’n onderhouds- en produksielek.
Kalwers word in Mei of Junie gespeen en word sowat ’ n maand lank afgerond voor hulle teen ’n gemiddelde gewig van 220 kg tot 230 kg bemark word. “Ons hou die speenkalwers vir sowat ’n maand en voer hulle so ’n bietjie, net tot hulle minder wild is en nie meer na hul ma’s soek nie. Ons behandel hulle ook teen inwendige parasiete,” sê hy. “Jy kry ’n premieprys omdat jy ’n beter produk verskaf.”