Landbouweekblad

’N KENNER SE MENING

-

Mnr. Llewellyn Collett van ACS Consulting in Port Elizabeth sê daar is bewese voordele om eerder grond te huur: ■ Die kontantuit­vloei van ’n boer wat huur, is veel laer, aangesien die huur nagenoeg 6% per jaar beloop vergeleke met 10% rente plus kapitaalde­lging waar ’n plaas op skuld gekoop word. ■ Die huurder sal nie maklik oorkapital­iseer nie, aangesien die grond nie aan hom behoort nie. Onderhoud en verbeterin­g word gewoonlik tot die minimum beperk, wat sy kontantvlo­ei verder verbeter. Hoewel laasgenoem­de ook op jou eie grond van toepassing is, is die eienaars soms geneig tot oorkapital­isering en om nie-noodsaakli­ke verbeterin­ge te doen. ■ In ’n melkopset verteenwoo­rdig die plaas sowat 75% van die kapitaalui­tgawe. Wanneer grond egter gehuur word, kan die opbrengs op kapitaal tweevoudig verhoog word. Terwyl ’n bruto opbrengs van 20% in ’n melkboerde­ry verwag word, kan dit tot 40% wees in die geval waar grond gehuur word. ■ In ’n onseker politieke klimaat is die risiko van ’n huurplaas ook kleiner as wat die geval met jou eie grond is. Daar is egter ook nadele: ■ Daar is geen kapitaalaa­nwas nie, aangesien die grond aan die verhuurder behoort. ■ Die huur word gewoonlik jaarliks

opwaarts aangepas. ■ Wanneer die huurtermyn beëindig word, kan die huurder hom in die posisie bevind dat hy met ’n groot klomp koeie sit, maar geen grond waarop hulle gemelk kan word nie. Llewellyn sê Theo se sukses is daarin geleë dat hy passievol is oor wat hy doen. “Vir hom is dit nie net nog ’n werk nie, dit is sy hele bestaan.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa