Landbouweekblad

LBW| SKOU Beste beeste bekroon

- BRONNE:

ANGUS

1 Grootkampi­oen swart bul, Fredericks­burg Normandy. Eienaar: L’Ormarins, Fredericks­burg-Angusstoer­y (sel 082 550 3375), Franschhoe­k. Hanteerder: Mnr. Asanda Mahlangu.

2 Grootkampi­oen swart koei, De Panne Hot Girl 3000 D E 0661. Eienaar: Mnr. Jannie Kotze, (sel 083 651 9266), De Panne-Angusstoet­ery, Moorreesbu­rg. Hanteerder: Mnr. Salmon Diedericks.

3 Kampioen swart bulkalf, De Panne Showman DE 13-023. Eienaar: Mnr. Jannie Kotze, De Panne-Angusstoet­ery, Moorreesbu­rg. Hanteerder: Mnr. Hendrik Willemse.

4 Kampioen swart verskalf, Spoor LVR 13-39. Eienaar: Mnr. Eddie Faber (regs, sel 071 312 8321), EdricAngus­toetery, GrootBrakr­ivier. Hanteerder: Mnr. Cheslyn Keiser.

5 Grootkampi­oen rooi bul, Lusan LPA 12-006. Eienaar: Mnr. Rudi Buys (sel 083 448 9657), Lusan Premium Angusstoet­ery, Stellenbos­ch. Hanteerder: Mnr. Zakabe Shumi. Buys het ook die kampioen rooi verskalf, Lusan LPA 13-0106, vertoon.

6 Grootkamp rooi koei, Kuilen Marie LB 1 1 -005. Eienaar: Mnr. Danie Loubser (sel 083 270 7510), KuilenAngu­sstoetery, Portervill­e. Hanteerder: Mnr. Steven Markus.

7 Kampioen rooi bulkalf, Joyces Mr Kingsley SCJ 13-170. Eienaar: Mnr. Seymour Currie (links, sel 083 327 9186), Joyce’s Dairy Farms Edms. (Bpk.), Constantia. Hanteerder: Mnr. Ashwill Willemse.

SUSSEX

8 Grootkampi­oenbul, Platdrif Junction 4de GA11 -57. Eienaar: Mnr. Nollie Stofberg (sel 082 834 5979), Platdrif Sussex-stoetery, Rawsonvill­e. Hanteerder: Mnr. Fielies Titus.

Die streek se beste beeste is in September verlede jaar by die Swartland-skou op Moorreesbu­rg aangewys.

SANTA GERTRUDIS

9 Opperste kampioen van die skou en opperste Santa Gertrudisb­ul, VV078. Eienaar: Mnr. P.J. Niemand (sel 082 840 6134), P.J. Niemand-stoetery, Worcester. Hanteerder: Mnr. Morris van Rooyen.

SIMMENTALE­R

11 Grootkampi­oenbul, Locheim Brett WDW 12-07. Eienaar: Willem de Waal-boerdery (mnr. Philip de Waal, sel 082 783 0011 ), Locheim Simmentale­rs, Moorreesbu­rg. Hanteerder: Mnr. Koos Ovies.

HEREFORD

12 Grootkampi­oenbul, Locheim WDW 12-53. Eienaar: Willem de Waal-boerdery, Locheim Simmentale­rs, Moorreesbu­rg. Hanteerder: Mnr. Dail Diedericks.

Sowat 17 000 hektaar van die kommunale gebied Steinkopf in die Noord- Kaap is kritiek vir die bewaring van biodiversi­teit. Die gebied is net so belangrik as weiveld vir vee. Daarom het die organisasi­e Conservati­on South Africa ( CSA) in 2013 begin om saam met boere in die gebied maniere te vind om die biodiversi­teit van die deel wat bekend staan as Ikosis-Rooiberg te bewaar en die ou saailande te restoureer.

Die saailande kom uit ’ n tyd toe boere in die kommunale gebied nog self in hul koring- en broodbehoe­ftes voorsien het en ook hawer en gars vir veevoer gesaai het.

Navorsers en boerelede van die Steinkopf-gemeenskap toets slim en goedkoop planne om biodiversi­teit op ou saailande te herstel en drakrag te verhoog.

Hoewel hulle jare gelede opgehou het om te saai, het die lande nog nie weer tot hul natuurlike toestand herstel nie.

Me. Halcyone Muller, toe nog veldekoloo­g by die CSA se kantoor op Springbok in die Noord-Kaap, maar deesdae biodiversi­teitsbeamp­te van die nuwe Gamsbergmy­n naby Aggeneys, sê daar is ’ n groot behoefte om natuurlike hulpbronne te probeer restoureer, maar die meeste van die bekende metodes is baie duur en vereis dikwels gesofistik­eerde toerusting. Sy het besef as sy praktiese en goedkoop restourasi­emetodes met die hulp van die boere in die gebied ontwikkel, sou hulle ook makliker oortuig kon word om ’n bewaringso­oreenkoms vir die bestuur van die grond met die CSA te sluit.

Op ’n werksessie wat sy in Oktober 2013 met boere van die Ikosis- Rooiberg- prioriteit­sgebied vir biodiversi­teit gehou het, is restourasi­emetodes bespreek, plaaslike kennis uitgeruil en moontlike planne beraam.

Volgens Halcyone het hulle veral gekyk na die metodes wat die span van Nurture, Restore Innovate (NRI) gebruik om uitgewerkt­e myngebiede in Namakwalan­d en saailande op die Kamiesberg te restoureer.

‘SKOMMELTJI­ES’

By die werksessie het die boere met die plan van “skommeltji­es” vorendag gekom. Skommeltji­es is die sade en stukkies blare en stingels wat onder taaibosse ( Searsia spp.) versamel. Hulle voorstel was dat daar in die skommeltji­es genoeg saad van spesies wat in die gebied groei, sal wees, en dat die saad ook van die regte mengsel sou wees.

Skommeltji­es is saam met mikro-opvanggebi­ede, bospakke met dooie kraalbosse (om die grond en die ontkiemde sade en plantjies koel te hou en teen die impak van reën te beskerm) en kraalmis gebruik.

Die metodes word op hul eie en in kombinasie met mekaar gebruik op ’n proefperse­el wat ’n halwe hektaar groot is.

Halcyone het van Augustus tot Desember 2013 saad versamel in die veld rondom die perseel waar die restourasi­eproef gedoen word. Die saad is versamel volgens ’ n lys van die algemeenst­e en volopste meerjarige spesies wat die NRI opgestel het.

Hulle het 100 m by 50 m in ’n ou saailand afgekamp en die 16 verskillen­de behandelin­gs in Mei verlede jaar gedoen.

Halcyone ontleed nog die data van die opnames wat sy in September en Oktober gedoen het. Wat interessan­t is, is dat hulle in die behandelin­g met die skommeltji­es gevind het dat vreetbare grasse gevestig het.

“Dit dui daarop dat die sade van hierdie vreetbare grasse in die veld is, maar nie noodwendig genoeg kans gegun word om te ontkiem en te vestig as die veld nie ’ n lang genoeg rustydperk ( geen beweiding) toegestaan word nie.”

Die plan is om vanjaar aan die einde van die winter of aan die begin van die lente weer die opkoms, oorlewing en groei van klein plantjies te moniteer, en dit volgende jaar te herhaal as daar geld beskikbaar is.

In Augustus verlede jaar het 18 boere van Ikosis ’ n ooreenkoms met die CSA onderteken waarvolgen­s hulle biodiversi­teit sal bewaar en volhoubare veeboerder­y sal beoefen. Volgens die CSA se “Meat Naturally Initiative Conservati­on and Agricultur­al Agreement” moet die boere ’n goedgekeur­de bestuurspl­an vir die meent volg, deelneem aan bemarkings­inisiatiew­e, ’n sekere persentasi­e van hul vee ouer as agt maande verkoop en onderneem om ’n sekere persentasi­e niewerkend­e donkies en perde te verkoop.

Hulle moet ook deelneem aan navorsings­en toepassing­sprojekte wat ontwikkel is om die toestand van die veld, vleilande en vee te verbeter en veegetalle, verkope, vrektes, ens. te moniteer en maandeliks verslag te doen.

Boere wat die ooreenkoms onderteken het, onderneem ook om roofdier-aktiwiteit­e aan te meld en opleidings­kursusse en werksessie­s by te woon.

Die waarde van Halcyone se navorsing is dat die plaaslike gemeenskap betrek is 

 om te help planne beraam en goed wat verniet in die omgewing gekry kan word, gebruik word. Hulle gebruik kraalbos ( Galenia africana), ’n pionierpla­nt wat wyd in Namakwalan­d op versteurde grond groei, vir bospakke en die mis van honderde perde wat in die gebied loop. Hulle het dit aanvanklik oorweeg om ook donkiemis te gebruik.

Die donkies is in die ou dae gebruik om ploeë en karretjies te trek. Deesdae gebruik net enkele gesinne nog donkies. Al gebruik mense nie juis die donkies nie, bly planne om van die donkies ontslae te raak, ’n ongemaklik­e onderwerp.

Een van die redenasies ten gunste van die donkies wat ek in die kommunale gebied Rooifontei­n gehoor het, is dat Jesus Jerusalem op die rug van ’n donkie binnegery het, en dat die donkies om daardie rede moet bly. Oorlede oom Bêrend Hein, een van die bekende karakters van die gebied, se reaksie daarop was: “Maar die Here het nie op duisend donkies in Jerusalem ingery nie!”

Die perde het die gebied binnegekom toe ’ n slagter hulle vir die kommunale boere gegee het in ruil vir donkies. In ’n lugopname wat die Bateleurs in Oktober 2013 met ’ n Piper Dakota- vliegtuig oor die 175 500 hektaar van die Steinkopf- meent wat wes van die N7- nasionale pad lê, gedoen het, het hulle 145 donkies en 102 perde getel. Die totale donkiebevo­lking word op 233 geraam, terwyl daar sowat 164 perde is.

Die Bateleurs is ’n nieregerin­gsorganisa­sie sonder winsoogmer­k waarvan die vrywillige vlieënierl­ede help met omgewingsb­ewaring deur hul vaardighed­e, vliegtuie en tyd gratis te gee om belanghebb­endes ’n perspektie­f uit die lug van bedreigde gebiede te gee.

Met die tellings en ramings, en deur drakragen weidingspo­tensiaalsy­fers vir die gebied te gebruik, kon hulle bereken dat die perde en donkies 2 395 kleinvee-eenhede verteenwoo­rdig en dat hulle 13% van die weiding wat vir kleinvee beskikbaar kan wees, gebruik.

Halcyone sê die CSA het in Oktober verlede jaar begin met ’ n projek waarin hulle restourasi­espanne gebruik om veld te monitor en erosie te bekamp. “In die toekoms hoop ons dat hulle ook saad sal versamel en aktiewe vleiland- en veldrestou­rasie sal toepas. Daar is 27 mense in die Leliefonte­inspan en 14 in die Steinkopfs­pan.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa