ROOIVLEIS EN BIODIVERSITEIT
Conservation South Africa (CSA) is ’n lid van die Conservation Internationalnetwerk. Die CSA bevorder en ondersteun bewaring, restourasie en volhoubare grondgebruik in Suid-Afrika se biodiversiteitsbrandpunte, naamlik die Sukkulente Karoo, die Kaapse Blommeryk en Maputoland-Pondoland-Albanie. Daardeur wil hy help om voedselsekerheid, grondhervorming, menslike en ekonomiese ontwikkeling te verseker en help om ’n verweer teen die impak van klimaatsverandering te ontwikkel.
In die Sukkulente Karoo, waar kleinvee, en dus rooivleis, die ruggraat van boerdery is, het hy met die biodiversiteiten-rooivleis-inisiatief (BRI) en die eko-veewagterprojekte begin om boere wat goeie boerderypraktyke volg, bronne volhoubaar benut en bewaring bevorder, te ondersteun en te help om veeverliese te beperk. Daar was heelparty aansporings en ander voordele, soos handpompe, krippe, veemedisyne, hawersaad en opleiding vir deelnemende boere. Boere is bewus gemaak van die bewaring van vleilande, grond- en veebestuur, asook gronderosie.
Sedert die BRI in 2008 gestig is, is rentmeesterskapkontrakte met 34 huishoudings in die kommunale gebiede gesluit en met vyf kommersiële boere. In 2012 is die Drie Pieke Vrywillige Bewaringsarea in die Kamiesberg, naby die dorpe Garies en Kamieskroon, gestig.
REGS: Altesaam 18 boere van Ikosis het in Augustus 2014 ’n ooreenkoms onderteken waarvolgens hulle biodiversiteit sal bewaar en volhoubare veeboerdery sal beoefen.
Besproeiing is sekerlik dié belangrikste bestuursaksie vir enige vrugte- en druiweboer. Tog gaan dit dikwels gepaard met onsekerheid en selfs raaiwerk, ondanks die gesofistikeerde tegnologie wat beskikbaar is. “Ons ervaar dikwels dat landbouers te veel besproei. Dit is net so nadelig soos onderbesproeiing,” sê André.
Oorbesproeiing benadeel nie net die boom of wingerdstok nie, maar kos die boer ook meer geld en is nadelig vir die ekologie.
Hy sê die beskikbaarheid van besproeiingswater is ’n groot uitdaging in Suid-Afrika. Die gemiddelde wêreldreënval is 857 mm per jaar, terwyl Suid- Afrika s’n maar 470 mm is wat oor gemiddeld net vyf maande van die jaar val.
In die Wes-Kaap moet water in die winter in damme opgegaar word sodat dit beskikbaar is vir besproeiing in die droë somer.
“Die landbou ding regstreeks mee met stedelike waterverbruik, en soos die watersituasie in die provinsie nou is, sal die opgaarvermoë net tot 2018/’19 voldoende wees.
“Ander sektore, soos nywerhede, bosbou, kragopwekking en die ekologie, het ook aanspraak op die beskikbare waterbronne. Die resultaat is dat die landbou se watertoekenning nie in die toekoms verhoog sal kan word
nie,” waarsku André.
Dus sal enige uitbreidings om meer voedsel te produseer en boerderye ekonomies meer volhoubaar te maak, met bestaande watertoekennings gedoen moet word. “Daarom moet water ál doeltreffender gebruik word, veral deur die landbousektor wat tot 60% van die beskikbare water vir besproeiing gebruik,” sê hy.
Dit maak Fruitlook soveel belangriker, want die modernste ruimtetegnologie word ingespan om besproeiingswater so doeltreffend moontlik aan te wend.
Caren sê wat tegnologie betref – veral besproeiingstegnologie – bevind die landbou hom nou in interessante tye. “Met Fruitlook word die volle omvang van moderne elektroniese en rekenaartegnologie tot voordeel van die landbou te gebruik. Die ruimtelike inligting, gegrond op fisika, bied ontsettend baie inligting op digitale kaarte vir die boer om prakties te gebruik.”
WAT IS FRUITLOOK?
Satellietbeelde word saam met klimaatin-
NAVRAE: E-pos: info@fruitlook.co.za; Jarmain, e-pos: cjarmain@gmail.com; André Roux, e-pos: andrer@elsenburg.com.