Vrugtebesproeiing uit ruimte bekyk
Sagtevrugteboere kan hul winsgewendheid met meer as R25 000 per hekaar verhoog deur beter waterbestuur en besproeiing danksy satellietbeelde wat saam met klimaatinligting bestudeer word. “Indien die produksie van vrugte en druiwe met 10% verhoog en produksiekoste met 10% verminder kan word, kan tot R23 590 meer wins per ha met tafeldruiwe en ’n massiewe R25 160 meer met sagtevrugte gemaak word. Tot R4 130 meer wins per ha kan só met wyndruiwe gemaak word.
“Die goeie nuus is dat dit binne die bereik van landbouers is as hulle hul waterverbruik en -bestuur verfyn en besproeiingskedulering verbeter.”
Só sê mnr. André Roux, direkteur vir volhoubare hulpbronbestuur by die Wes-Kaapse departement van landbou.
Landbouweekblad het met hom en dr. Caren Jarmain, ’ n onafhanklike navorser wat by die Fruitlook-projek betrokke is, op Stellenbosch gesels oor dié projek waardeur die verbruik van besproeiingswater in die sagtevrugte- en druiwebedryf in die WesKaap geoptimaliseer kan word.
Fruitlook is die voortsetting van die Grapelook-projek waarmee in 2010 in die provinsie begin is ( LBW, 13 Mei 2011). Waar Grapelook net op doeltreffende besproeiingskedulering by wingerde gerig was, sluit Fruitlook ook sagtevrugte in. Dié projek is in die 2011/’12-besproeiingstyd van stapel gestuur.
Met Fruitlook kan Wes-Kaapse sagtevrugte nou ruimtetegnologie gebruik om elke druppel besproeiingswater te benut. Dit is ’n verlengstuk van die Grapelook-loodsprojek waarmee groot sukses behaal is om wingerdboere te help om hul waterverbruik te verbeter, en kan ’n goeie verbetering in wins meebring.
BO LINKS: Dié Eddy-ko-variansiestelsels by Somerset-Wes hou ’n wakende oog oor wingerd. Dit meet waterverbruik, asook ’n aantal grondwaterinhoud-moniteringstelsels wat op verskillende plekke in die Wes-Kaap geïnstalleer is. FOTO’S: VERSKAF
ligting gebruik om die Fruitlook-kaarte te skep. Saam met boord- en wingerdinligting, soos die kultivar, grondeienskappe en bestuurspraktyke, kry die boer ’n totale prentjie van sy besproeiing en produksie.
“Dit verskaf baie vlakke van inligting deur verskillende kaarte, soos die waterverbruik in die voorafgaande week, of daar enige watertekorte was en die biomassa wat geproduseer is. Omdat Fruitlook se data al oor ’n paar jaar strek, kan boere ’n wingerd of ’n boord oor ’n tydperk evalueer, byvoorbeeld wat groei, water- en stikstofgebruik betref,” sê Caren.
Die Fruitlook- projek word jaarliks vir die tydperk 1 Oktober tot 30 April, die 30 week lange besproeiingstyd in die WesKaap, onderneem. Boere kry in die groei- tyd weekliks die inligting op ’ n webwerf. Verskillende soorte satellietdata word saam gebruik. Amerikaanse, Britse en Spaanse satelliete neem gereeld foto’s vir verwerking. “Elke beeldelement ( pixel) op die kaart verteenwoordig 20 m x 20 m. Die manier waarop die satelliete foto’s neem, is soortgelyk aan ’n digitale kamera. Variasie binne ’n wingerd of ’n boord is só duidelik sigbaar.”
In dié stadium is daar 694 gebruikers op die Fruitlook-webblad geregistreer. Hulle is boere, adviseurs, studente en navorsers. Altesaam 3 078 besproeiingsblokke, wat 24 936 ha verteenwoordig, is vir die 2014/’15-produksiejaar geregistreer. Die syfer het vanjaar meer as verdubbel, met 13 575 ha wat bygekom het. “Dié syfers neem maandeliks toe,” sê Caren.
Die grootste verbruikers is appel- en peerboere, gevolg deur wyndruifboere.
Die satelliete gebruik verskeie sensors om data van die elektromagnetiese spektrum te
‘Met Fruitlook-tegnologie kan die konsultant en boer aansienlik doeltreffender wees deurdat probleme vinnig vasgestel en reggestel word vóór die boer ekonomiese verliese ly.’