Landbouweekblad

TEGNOLOGIE ÁL NODIGER

- LINKS: REGS:

bekom. Die termiese infrarooim­eting dui op die temperatuu­r van ’n oppervlak (byvoorbeel­d ’ n wingerd). “’ n Laer temperatuu­r dui op aktiewe transpiras­ie in die plante, terwyl hoër gemete temperatur­e op stres dui. “Die satelliet meet basies die refleksie van sonlig van ’n oppervlak af, asook die uitstralin­gs deur daardie oppervlak. Dit word deur die sensors waargeneem,” sê Caren.

Sy sê om te bereken hoe akkuraat die satellietb­eelddata is, word die waterverbr­uik van plante met onder meer Eddy-ko-variansies­telsels gemeet wat by Somerset-Wes en Kapel geïnstalle­er is. “Die akkuraathe­id van die groeidata word ook nou in talle wingerde geëvalueer. Só word voortduren­d gemonitor of die satellieti­nligting korrek is. Die resultate is baie verblydend.”

André sê in dié stadium is die diens nog gratis, maar boere wat dit wil gebruik, sal mettertyd daarop moet inteken om hul plaas se eksklusiew­e inligting te ontvang. Tans kan die datakaarte deur almal gesien word op die webwerf, www.fruitlook.co.za. is een van die diensversk­affers wat Fruitlook gebruik. “Die landbou raak ál meer gesofistik­eerd en afhanklike­r van tegnologie om mededingen­d te bly,” sê hy.

Fruitlook-tegnologie stel die boer en konsultant in staat om waterbestu­ur per boord oor ’n hele groeityd te monitor en te evalueer.

Die monitering van waterbestu­ur is uiters belangrik in die landbou. Hoewel tegnologie bestaan om water doeltreffe­nd te bestuur, is dit dikwels nie vir die boer ekonomies haal- baar om dit binne een produksiej­aar op sy produksie-eenhede te installeer nie. “Fruitlook bied onder meer die tegnologie en data om waterbestu­ur op ’n hele produksie-eenheid te monitor teen geen koste nie.”

Bykomend word biomassapr­oduksie-, blaararea- en vegetasie-indeksdata weekliks voorsien. Met behulp van intelligen­te interpreta­sie deur die boer en konsultant kan verskeie probleme in boorde opgelos word. “Met Fruitlook- tegnologie kan die konsultant en boer aansienlik doeltreffe­nder wees deurdat probleme vinnig vasgestel en reggestel word vóór die boer ekonomiese verliese ly,” sê Nelius.

Mnr. Anton Müller, tegniese bestuurder by Kromco op Grabouw, sê Fruitlook bied die boer die geleenthei­d om die verband tussen sy boord se groei en sy besproeiin­gsregime weekliks te monitor sodat die nodige aanpassing­s betyds gemaak kan word. “Hoewel bestaande grondvogme­tings steeds belangrik is vir daaglikse besluitnem­ing, bring Fruitlook boomgroei as ’ n nuwe dimensie in ’ n maklik verstaanba­re formaat na die tafel. Nog ’n voordeel is dat ‘groeitydna­betragting’ gedoen kan word om strategieë vir die volgende groeityd te beplan.”

Mnr. Nelius Kapp, ’n grondkundi­ge van die besproeiin­gsmaatskap­py Prophyta op Elgin,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa