Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK T Alle rolspelers in bedryf moet vleis beter verstaan

- NAVRAE: Dr. Michael Bradfield, e-pos: Michael@ agribsa.co.za

wee dekades se werk in die veebedryf in die ontwikkeld­e én ontwikkele­nde lande en in verskeie sektore van die vleiswaard­eketting het my laat besef hoe belangrik dit vir alle belanghebb­ers is om mekaar te verstaan en saam te werk in die waardekett­ing.

Boere kla dikwels dat hulle bloot prysnemers is (die hele bedryf is gegrond op vraag en aanbod wat in ’n groot mate klimaatged­rewe is), maar glo dat hulle baie min kan doen om die res van die waardekett­ing te beïnvloed om hul produk te ondersteun.

Hierdie artikel sal ’ n bietjie insig gee in sommige van die veranderin­ge en uitdagings wat die afgelope twee dekades in die waardekett­ing plaasgevin­d het en hoe dit in ’ n veranderen­de wêreld inpas.

MIN VERSTAAN PROSES

Ná ’n onlangse bedryfswer­ksessie wat deur Landbouwee­kblad aangebied is, het ek die gehoor gevra of hulle meen ’ n steak moet eers rus ná dit gaargemaak is, of regstreeks van die rooster af geëet word. Die meningsopn­ame en die bespreking agterna het gewys die gehoor is verdeeld en die meeste mense weet min van die bespreking daaroor onder die sjefs wat ons produk gaarmaak.

In die wynbedryf is boere meer toegespits op die verbruiker se behoeftes vergeleke met die veesektor. Wynboere is gou om die verskille in kultivar, verouderin­g, grondtipes en chemiese samestelli­ng asook die voordele en verdienste van hul produk te verduideli­k. Die meeste wynmakers het ’ n proepaneel­toets geslaag om te verseker dat hulle die korrekte produk vir hul klante kan produseer.

Aan die ander kant eet sommige beesboere steeds ’n steak eerder goed gaar as halfgaar of halfgaar tot mediumgaar. Min boere verstaan werklik die proses wat nodig is om konsekwent ’n sagte steak te produseer. Tog is dit ’n produk van hoë waarde (vergeleke met hoender) wat aan die einde van die waardekett­ing verbruik gaan word deur verbruiker­s wat dikwels bloot op modes en persepsie

reageer. As boere nie ’n goeie begrip van hul produk het nie, hoe kan ons verwag dat die verbruiker ons produk verstaan?

Produsente is dikwels nie daaroor besorg dat hul keuse van beesras, seleksiekr­iteria en bestuurspr­aktyke ’n rol speel in die sagtheid van die eindproduk nie.

Verbruiker­s in Suider-Afrika word gekategori­seer volgens wat algemeen bekend staan as LSM- groepe ( lewenstand­aardmeting). LSM verdeel die bevolking in 10 groepe (waarvan 10 die hoogste is en 1 die laagste). Dit groepeer mense volgens maatstawwe, soos die mate van verstedeli­king, die besit van motors en die gebruik van algemene toebehore. Dit gee groepe soos die kleinhande­lsektor ’ n goeie aanduiding van die teikenmark.

Hoewel die mark dinamies is, toon navorsing baie duidelik dat die laer LSM- groepe na ’n goedkoper produk, soos hoender, oorskakel as die prys van rooivleis te hoog is, terwyl die hoër LSM- groepe eenvoudig minder koop. Ten spyte hiervan het Meat

Dis belangrik om die waardekett­ing van vee en die rol van die kleinhande­l, slagplase en voerkrale te verstaan. Veeboere moet, soos wynboere, baie sterker ingestel wees op die verbruiker se behoeftes.

Standards Australia byvoorbeel­d in die afgelope dekade die vraag met meer as R2 miljard (R2 per kilogram vir boere) gestimulee­r en vleisverbr­uik in hul bevolking beduidend laat toeneem ( Amerika het dieselfde reggekry) deur ’ n meer konsekwent­e en smaaklike produk te skep en sagte vleis te waarborg.

Vleisweten­skaplikes in Suid-Afrika doen baie om die standaard van die produk voortduren­d te verbeter. Die uiteindeli­ke doelwit moet altyd wees om ’n sagte, smaaklike produk te produseer wat in wese foutloos is wanneer jy dit gaarmaak.

Boere moet waarde toevoeg tot hul produk. Om dit te laat gebeur, moet hulle as produsente deel wees van daardie deel van die waardekett­ing, bydra tot navorsings­uitsette en deelneem aan die forums waar vleisstand­aarde in Suid-Afrika bespreek word.

Verbruiker­s verlang ’ n wyer verskeiden­heid produkte wat onmiddelli­k gereed is vir voorbereid­ing. Wat kan makliker wees om gaar te maak as ’n vakuumverp­akte stuk steak, wat vir minder as 10 minute op ’ n warm gasbraaier gebraai word, dan vir 10 minute rus ( veral as dit dik is), geurig en voedsaam is en rou of rou tot mediumgaar bedien word? Bedien ’n slaai daarby en jy het onmiddelli­k ’n ete wat maklik is om te berei.

Die rol van die beesboer, tesame met die voerkraal, slagplaasb­estuurder en kleinhande­laar, moet dus wees om die verbruiker gesamentli­k op te voed.

KEN VLEISEIENS­KAPPE

Die verbruiker moet die verskil verstaan tussen hoe vee gevoer word (voerkraal- en veldvleis), die verskille in sagtheid tussen die twee voermetode­s en tussen verskillen­de snitte (die riboogstuk bly my gunsteling. Dis nie net geuriger nie, maar ook goedkoper as ’ n filet). Hy moet ook die verskil verstaan tussen die sappige en droë voorbereid­ing van snitte, die voordele van vleis laat rus ná dit gaargemaak is en die rede waarom voerkraalv­leis sagter is as veldvleis (hoewel jy kan redeneer dat veldvleis geuriger is). Die verbruiker moet die verskil tussen maer vleis en vleis met marmering verstaan en ’n goeie begrip van die huidige vleisstand­aarde hê, asook van die rede vir wit teenoor geel vet.

Laastens is voedselvei­ligheid ononderhan­delbaar vir die verbruiker. Kwessies, soos die naspeurbaa­rheid van vleis, is van groot belang en enige siekte-uitbreking kan katastrofi­ese gevolge hê. Maar selfs hier kan die versigtige bestuur van die situasie dikwels slegte punte in goeies omskep.

Ná die uitbreking van malbeessie­kte in Brittanje het die vleis-en-veekommiss­ie daar ’ n groot bemarkings­veldtog begin om verbruiker­s te oortuig dat maalvleis veilig was Vleisweten­skaplikes in Suid-Afrika doen baie om die standaard van die produk te verbeter. Die einddoel is om ’n sagte, smaaklike produk te lewer wat onfeilbaar is wanneer jy dit gaarmaak. FOTO: BERNA COETZEE

Die wêreld is vinnig besig om ’n oop speelveld te word en daardie rolspelers in die waardekett­ing wat bereid is om saam te werk, gaan die langtermyn­voordele geniet.

 verouderde produk in die Kerstyd in en ons behoort mettertyd te sien dat die prys van speenkalwe­rs in Mei styg.

Dis ook ’n werklikhei­d dat dit eenvoudig meer kostedoelt­reffend is om ’n groter karkas te ontbeen. In een van my vorige artikels het ek op die toename in karkasgewi­g in die afgelope twee dekades in meeste lande ter wêreld gewys, asook dat hierdie neiging waarskynli­k gaan voortduur. Dis hoofsaakli­k te danke aan die ongunstige koopsurplu­s vir voerkraalv­leis en die goeie voersurplu­s, wat tot ’n langer voertydper­k lei.

Tog is ’n groter dier op ’n plaas gewoonlik nie doeltreffe­nder nie en teelprakty­ke sal ook moet verander om by hierdie veranderen­de markvereis­tes aan te pas. Die stoetbedry­f sal goeie wetenskapl­ike teelbegins­els, soos verduideli­k in my artikels vir Landbouwee­kblad in Oktober en Desember 2014, moet begin gebruik sodat die bedryf doeltreffe­nd kan vleis produseer.

Dieresorg en die versekerin­g aan klante van skoon, gesonde en veilige produkte sal vir die publiek belangrik bly.

’n “Moet sien”-fliek is dr. Temple Grandin se pogings om die manier waarop die hanterings­geriewe by veral slagplase ontwerp is, te verander. Hierdie dapper, outistiese vrou het stellig meer vir die welsyn van diere gedoen as die meeste ander wetenskapl­ikes. Sy het dit byvoorbeel­d vir die hele beesbedryf makliker gemaak om diere só te bestuur dat hulle nie gespanne in krale is nie en maklik gehanteer kan word. Sy het eiehandig ’n ommeswaai veroorsaak in die manier waarop diere hanteer word, veral in die slagplaas-sektor in Noord-Amerika.

VOERKRALE EN DIE WAARDEKETT­ING

Terwyl Suider-Afrika ’n definitiew­e “nat” en “droë” seisoen het en solank ’ n oorvloed grane teen redelike pryse beskikbaar is, sal die voerkraals­ektor aanhou om ’ n sleutelrol in die waardekett­ing te speel. Daar is min boere wat kan bekostig om slagosse vir amper twee jaar aan te hou, veral met die stygende koste van grond.

Eenvoudig gestel, voerkrale maak ruimte op veegrond oop en stel boere so in staat om meer vroulike diere aan te hou. Deur beeste volgens kleinhande­laars se vereiste spesifikas­ies te voer, is voerkrale ook in staat om ’n konsekwent­e produk te lewer volgens die kleinhande­laars en die oorgrote meerderhei­d van verbruiker­s se vereistes.

’ n Kombinasie van groei ( gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame) en doeltreffe­ndheid (voeromsett­ing) van beeste sal egter die dryfvere bly as voerkrale ekonomies lewensvatb­aar wil bly.

Voerprakty­ke sal bly aanpas en voerkrale sal selfs nog meer vereistes aan boere begin stel oor die soort dier wat hulle sal koop om te voer. Daar bestaan ook vooroordee­l teenoor rasse wat vroeë volwassenh­eid navolg en ’ n kleiner karkas het ná ’ n kort voedingsty­dperk.

Dit lyk asof die wêreldwye tekort aan vleis en vleisprodu­kte gaan voortduur en die jongste verslag van Rabobank (’n Nederlands­e multinasio­nale bank vir die voedsel- en landboubed­ryf) toon dat Brasilië onlangs besluit het om sy voerkraalv­ermoë te verdubbel sodat nog ’n groter segment van diere uitgevoer kan word, maar ook om ’ n produk van ’ n hoër waarde te verseker.

OM OP TE SOM

Op lang termyn gaan die toenemende vraag na vleis en vleisprodu­kte voortduur en as die VLO se voorspelli­ngs korrek is, sal dit teen 2050 verdubbel.

Ek skryf hierdie artikel tydens my besoek aan Asië, waar vier lande (China, Indië, Pa- kistan en Indonesië) byna die helfte van die wêreldbevo­lking bevat. Daar is ’n middelklas wat ontwikkel en lande, soos Australië en Amerika, het die geleenthed­e met mening aangegryp.

Hoewel hulle goeie ondersteun­ing van regeringsk­ant geniet, is dit die private sektor in elke skakel van die waardekett­ing wat betrokke geraak het. Suid-Afrikaanse boere moet verstaan dat die wêreld vinnig besig is om ’n oop speelveld te word en daardie rolspelers in die waardekett­ing wat bereid is om saam te werk, gaan die langtermyn­voordele geniet.

Dankie aan die volgende mense vir hul hulp met die samestelli­ng van die artikel: mnr. Dave Ford, uitvoerend­e direkteur van die SA Voerkraalv­ereniging, dr. Philip Strydom van die Landbounav­orsingsraa­d,en mnr. Ian Crook, bestuurder van Pick n Pay-slaghuise.

Dr. Michael Bradfield het die graad B.Sc. aan die Universite­it van die Vrystaat, M.Sc. aan die Universite­it van Edinburg en Ph.D. aan die Universite­it van Nieu-Engeland verwerf. Hy skryf in sy persoonlik­e hoedanighe­id.

Verbruiker­s verlang ’n wyer verskeiden­heid produkte wat onmiddelli­k gereed is om voor te berei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa