Landbouweekblad

Agricol nuwe Canola kultivars

- NAVRAE: E-pos: info@growmachin­es.co.za.

Agricol beskik oor ‘n reeks van beide konvension­ele en triasien verdraagsa­me ( TT )- kultivars. In beide van hierdie groepe is daar oopbestuif­de sowel as baster kultivars beskikbaar. Agricol se vlagskip kultivar bly nog steeds Agamax wat jaar na jaar ongeag die seisoen uitstekend­e opbrengste lewer. Dit is ‘n baster konvension­ele kultivar met ‘n besonderse vermoë om uitstekend aan te pas by wisselende groeitoest­ande soos in die verskillen­de streke van die canola produksieg­ebied aangetref word. Uit dieselfde stal as Agamax, is daar vanjaar ook CB Tango beskikbaar. Tango is ook ‘n baster konvension­ele kultivar met die besonder eienskap van ‘n verkorte dae tot blom periode. Toepassing van Tango sal hooofsaakl­ik wees in gebiede waar die reënval dikwels neig om vroeg af te sny. In hierdie geval is Tango ‘n uitstekend­e keuse aangesien die blomtydper­k en die daaropvolg­ende vulling van peule ‘n beter kans het om reeds voltooi te wees, sou die seisoen vinnig afsny. Die gebruik van Tango, waar groot hektare aangeplant word, kan ook ‘n voordeel inhou om die druk tydens oestyd effe te versprei. In gebiede waar sterk winde tydens oestyd voorkom is Tango ook ‘n goeie opsie om vroeër te begin stroop en oesverlies­e as gevolg van sterk winde te beperk. Wat die TT-kultivars betref is daar vanjaar genoegsame Atomic HT beskikbaar. Hierdie kultivar het die uiters gewilde Jardee HT vervang wat 2 jaar in ‘n ry die Swartland Canola kompetisie gewen het. Atomic HT het in die 2014 seisoen getoon dat die opbrengspo­tensiaal van hierdie TT- kultivar gewis in ‘n klas van sy eie is. Ook is daar ATR Gem beskikbaar wat ‘n nuwe TT kultivar is en verlede seisoen met groot sukses deur ‘n groot aantal boere in die Swartland aangeplant is. Terugvoeri­ng uit die veld toon dat opbrengste uiters bevredigen­d was, afgesien van die feit dat die reënval effe vroeër afgesny het. Heelwat nuwe teellyne is ook verlede jaar geïdentifi­seer in Australië wat hopelik binnekort beskikbaar gaan wees. Navrae kontak Dirk Hanekom, epos: dhanekom@agricol.co.za. Sel: 083 461 6674.

ontsnap deur die blare, wat ’ n natuurlike verkoeling­sproses is. In die hele proses word die plant dus doeltreffe­nder afgekoel.

Dit is baie goedkoper om net die voedingsto­foplossing af te koel pleks van die hele omgewing, wat aan regstreeks­e sonlig blootgeste­l word. Die metode het wel beperkings en daar is nog ander tegnieke wat terselfder­tyd toegepas moet word om die hele proses aan te vul.

Die maatskappy Grow Machines het ’ n nuwe hidroponie­se stelsel ontwikkel en dit onlangs internasio­naal gepatentee­r. Die stelsel is ontwikkel om sonder ’ n groeimediu­m te werk, wat dit nóg meer geskik maak vir woestynlan­de, aangesien groeimediu­ms nie vrylik daar beskikbaar is nie. Die eerste stelsel sal binnekort in die Magaliesbu­rg-omgewing in bedryf gestel word. Die volgende stelsels is bestem vir lande, soos Namibië en Katar.

Die stelsel werk op die voedingsto­ffilm-beginsel ( lees “Beter groei met filmtegnie­k”, LBW, 26 September 2014). Dit is ontwerp vir rankgroeie­rs, soos tamaties en komkommers, maar kan doeltreffe­nd gebruik word vir die kweek van ander gewasse, soos pampoene, boontjies, spinasie en brandrissi­es.

Wynand Bezuidenho­ut is die skepper van Grow Machines se hidroponie­se stelsels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa