LBW| RUBRIEK Hidroponika in die woestyn W
oestynlande is bekend vir hulle olie- en aardgasproduksie, wat die hoof-inkomstebron is. Voedsel word merendeels ingevoer, wat dié lande baie afhanklik van ander lande maak.
Die energiebronne gaan nie vir altyd hou nie. Dit noodsaak die lande om iets drasties omtrent hul voedselsekerheid te doen terwyl die finansiële steun nog daar is. Mynbou-aktiwiteite raak ook meer algemeen in woestyne, wat beteken afgeleë gemeenskappe moet van vars voedsel voorsien word.
Woestynlande wat brandstof produseer, is van die wêreld se grootste bydraers as dit by die vrystelling van koolstofdioksied kom. Weens die uiterste toestande kan dié lande nie juis iets daaraan doen nie, aangesien plante nie maklik natuurlik daar groei nie.
Plante is die beste natuurlike manier om koolstofdioksied in suurstof en koolhidrate om te skakel. Met ’n versnellende aardverwarmingsproses is daar ál meer druk en pogings om die situasie te verander. Suid-Afrikaners word ook nou genader om moontlike oplossings te help vind.
UITDAGINGS IN DIE WOESTYN
Plante groei moeilik in ’n woestyn. Daar is te min water vir kommersiële boerderye. Die bietjie water wat daar wel is, moet uiters spaarsamig gebruik word. In party lande is daar byna geen water beskikbaar vir die landbou nie en moet seewater ten duurste ontsout word. In ’n land, soos Katar, is water byvoorbeeld duurder as brandstof. Dit is baie warm en temperature kan tot hoër as 55 °C styg – warm genoeg om ’n eier op ’n klip te bak. Na gelang van die woestynland se ligging strek die relatiewe humiditeit van 0% tot meer as 90%. Hoe warmer die omgewing, hoe laer is die humiditeit. ’ n Tekort aan organiese materiaal in die sand ( en klip) beteken daar is baie min voedingswaarde vir plante. Die sand hou nie water nie en vog verdwyn
maklik. Infrarooi bestraling is hoog, en in party gevalle amper dubbel as in Suid-Afrika. Dit is skadelik vir plante. Die strale verhit die sand, wat plante se wortelsone en omgewingstemperatuur onleefbaar hoog maak.
Om plante met tradisionele boerderymetodes in die woestyn te verbou, is ’ n groot uitdaging. Moderne hidroponiese stelsels maak dit maklik. Die plante se wortelsonetemperatuur kan
beter beheer en afgekoel word. Wortelsonebelugting en opgeloste suurstof
kan beheer word. Optimale voedingstofmengsels kan aan
plante beskikbaar gestel word. Water is te alle tye vir die plante beskikbaar
vir optimale toediening. Die dreinering van water kan beheer word. Water kan hersirkuleer word. Die gebruik van water kan byna beperk word tot die transpirasietempo van die plante, naamlik die minimum wat die plante nodig het om te oorleef en te groei. Voedingstowwe word hersirkuleer, wat
vermorsing beperk.
Die plante se wortelsonetemperatuur word deur middel van die voedingstofoplossing afgekoel. Sodoende word die opgeloste suurstofkonsentrasie en die beskikbaarheid daarvan vir die plant verhoog. In die respirasie- en transpirasieprosesse neem plante die koeler water en opgeloste suurstof deur hul wortels op.
Energie en waterdamp word dan geproduseer uit koolhidrate (glukose) wat in die fotosinteseproses geproduseer word. Die energie is nodig om die plant se groeiprosesse aan die gang te hou en die waterdamp Hidroponiese stelsels maak dit toenemend moontlik om van groente tot blomme in woestyne te verbou. Nuwe tegnologie stel plante in staat om sonder ’n groeimedium te kan floreer.
Die gebrek aan water noop mense om nuwe planne te maak. ’n Suid-Afrikaanse maatskappy het ’n hidroponiese stelsel ontwerp wat in woestynlande ’n oplossing vir die produksie van vars kos kan bied.