Landbouweekblad

Slangbos gee osse kos in winter

- WEN R1 000 MET JOU BOERE PLAN!

By Zastron in die Suidoos- Vrystaat benut ’ n boer die vernietige­nde indringerp­lant slangbos ( Seriphium plumosum) as winterweid­ing. Mnr. Willem en mev. Christine Cronjé van die plaas Leeuwfonte­in het opgemerk dat hul beeste soms aan slangbos knibbel as dit nog redelik jonk is, sê mnr. Justin du Toit, produksie-navorser van die departemen­t weidings aan die Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in.

Met die hulp van Justin en die weidingkun­dige prof. Winston Trollope, voorheen van die Universite­it van Fort Hare en deesdae verbonde aan Working on Fire, het hulle die saak verder ondersoek. Willem het die afgelope winter ’n kamp wat deur slangbos ingedring is en drie jaar gelede gebrand is, met osse bewei.

“Die resultaat was bo verwagting. Nie net het die diere die slangbos bewei nie, maar ná die eerste paar dae was dit al wat hulle gevreet het,” sê Justin. (Sy video daarvan is op YouTube onder die titel Cattle grazing Slangbos.)

Hul hipotese is dat vee slangbos selektief sal bewei mits: ■ dit binne die laaste drie jaar gebrand het; ■ die omringende gras doodgeryp het en van

’n lae gehalte is; en ■ die beeste ’n behoefte het om hul proteïenin­name te verhoog. Justin verduideli­k dat ou slangbos nie bewei word nie omdat dit dan baie taai en onsmaaklik is. As hierdie ou materiaal egter gebrand word, is die hergroei in die winter vir diere smaaklik, want nadat dit geryp het, is gras van ’n lae gehalte hul enigste ander voer op die veld. “En slangbos, in ’n jong stadium, is smaakliker as ouer slangbospl­ante en gras van ’n lae gehalte.” Hy het al telkens in die verlede sy kommer laat blyk oor die chemiese bestryding van slangbos. In ’n artikel het hy tot die gevolgtrek­king gekom dat die middel wat algemeen teen slangbos gebruik word, tebutioron, soveel omgewingsg­evare inhou dat die voordele daarvan van korte duur is, en op lang termyn deur ongunstige gevolge tot niet gemaak of omgekeer word.

Winston doen al amper 50 jaar navorsing oor vuur, weiding en bosindring­ing, en is alombekend as ’n voorstande­r van brand as ’n bekampings­middel. Hy sê sy ondervindi­ng is dat ’n houtagtige indringer wat gebrand is, dik-

’n Boer by Zastron meen slangbos kan met die hulp van brand in winterweid­ing omskep word. Wetenskapl­ikes verskil egter oor die gebruik van vuur teen slangbos.

Nog ’n inskrywing vir ons wedstryd vir boereplann­e wat werk. ’n Kontantpry­s van R1 000 is elke maand op die spel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa