Landbouweekblad

HOËDRUKSPU­IT VEE

- PIETER DEACON

Al dip ek my beeste teen bosluise, is dit dikwels nie doeltreffe­nd nie. Bou die beeste weerstand op teen die dipstof, of is daar iets Ek het ’n masjien gebou om beeste te dip. Ek gebruik ’n klein hoëdrukspu­it (1,5 liter/minuut) wat jy sommer by ’n kettingwin­kel vir sowat R700 koop. Jy stel die spuitstuk op “plat”, wat ’n breë, plat straal spuit. Spuit die bees van agter na voor, onder die haar se lê in. Dit is baie doeltreffe­nd en benat die hare tot teen die vel. Jy dip ook die beeste baie vinniger. Ek het eers ’n rugsakspui­t gebruik, wat jou die hele dag kos. Ek het later gedink die dipstof is nie meer doeltreffe­nd nie, want die bosluise het nie juis gevrek nie. Toe kom ek agter die ou rugsakspui­tjie dring nie deur die hare nie.

Toe ek die toets met ’n hoëdrukspu­it doen, het die dipstof weer gewerk en het die bosluise gevrek. Daarna het ek die karretjie gebou. Ek gebruik ’n 1,5 kVa-kragopwekk­er (wat jy ook by ’n kettingwin­kel kan koop vir sowat R2 000), want ek het nie krag by my kraal en drukgang nie.

Nou dip ons ’n klomp beeste sommer vroegoggen­d voor die son te warm is.

Mnr. Pieter Deacon is die bestuurder van Molatek se voerfabrie­k.

Die Little LogBook Go is ’n draagbare logboek waarmee outomaties aantekenin­ge gehou kan word van ritte of selfs afstande wat te voet afgelê word. Die weerbestan­de, battery-aangedrewe GPS-toestel skakel outomaties aan sodra daar beweging is en bly op bystand om batterykra­g te spaar wanneer daar geen beweging is nie. Dit kan 16 uur aaneen aantekenin­ge hou van alle bewegings en kan ewe maklik in ’n motor of in ’n broeksak gehou word. Ritte kan verdeel word in amptelike en private ritte en volledige aantekenin­ge kan gehou word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa