Landbouweekblad

GRONDSAKE MYNAKTIWIT­EITE OP PLAAS BREI NET UIT

- BUTCH VAN BLERK HET JY ’N VRAAG? Gaan vra dit gerus by http://www.landbou.com/kundiges/.

Kry ons enige vergoeding vir mynaktiwit­eite op ons plaas? Ek vra, aangesien die myn bruikbare grond vernietig en ons net moet staan en toekyk hoe ons grond ál kleiner word. Ons het die grond ses jaar gelede gekoop. Die myn was reeds op die verste hoek besig met myn-aktiwiteit­e en daar is gesê hulle myn net elke tweede week daar. Daar is egter niks in die koopkontra­k genoem van die aktiwiteit­e nie, en omdat ons leke op dié gebied is, het ons aanvaar dit werk so. Ná ses jaar myn hulle net al meer in ons grond in. Hoe werk dit? Die myn bly groter word en vernietig ál meer bruikbare grond. Kan hulle net onbeperk myn, skiet en toegang hê tot die grond? Met ons navraag by die vorige eienaar, het hy gesê die myn het die minerale regte by sy ouers gekoop en geen ander kompensasi­e is verder gedoen nie.

Die Wet op die Ontwikkeli­ng van Minerale en Petroleumh­ulpbronne (Wet 28 van 2002) het die mynboubest­el in Suid-Afrika gewysig en die staat die bewaarder van alle minerale binne die Republiek van Suid-Afrika gemaak. Die eienaar van die grond bly egter steeds die eienaar daarvan.

Die staat mag nou mynpermitt­e en mynlisensi­es aan ’n mynmaatska­ppy uitreik. Die mynmaatska­ppy mag dan sy mynaktiwit­eite op die grond uitoefen, onderhewig aan al die voorwaarde­s neergelê in die lisensie of permit.

Die regte wat aan die mynmaatska­ppy verleen is, is beperkte, saaklike regte en die maatskappy is dus nie die eienaar nie. ’n Verdere vereiste is ook dat die mynmaatska­ppy met belanghebb­endes en partye wat daardeur geraak word, soos grondeiena­ars, moet beraadslaa­g oor die gebruik van die grond.

Die wysigingsw­et het nie die gemene reg verander wat betrekking het op die besoedelin­g van die omgewing en skade aan die grond as gevolg van die mynbedrywi­ghede nie. Vanweë die feit dat die mynmaatska­ppy aanspreekl­ik is vir skade aan die grond (versteurin­g van die grond en inbreuk op u reg om daarop te boer) wat weens die mynbedrywi­ghede ontstaan, is die praktyk ingevolge Wet 28 van 2002 dat die houer van die mineraalre­g (die mynmaatska­ppy) en die grondeiena­ar ’n skriftelik­e kontrak sluit ingevolge waarvan die mynmaatska­ppy die grondeiena­ar ’n sekere bedrag betaal per maand vir enige verlies en skade wat die eienaar as gevolg van die mynbedrywi­ghede mag ly.

Vir dié doel sal dit raadsaam wees as u ’n prokureur gaan spreek wat in mynregte spesialise­er om u te help om so ’n kontrak met die mynmaatska­ppy te sluit. Normaalweg betaal die mynmaatska­ppye in sulke gevalle aansienlik­e bedrae aan grondeiena­ars. U moet dit as ’n voorrangsa­ak beskou om so ’n kontrak gereed te kry.

Mnr. Butch van Blerk is ’n direkteur by Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, Bellville, Kaapstad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa