Landbouweekblad

Dubbelsjok­olade-moutmuffin­s

-

Al ooit gewonder hoe proe die heel lekkerste, mees dekadente sjokoladem­uffin? Hier is hy! Die sjokoladem­outballetj­ies wat jy binne-in die beslag sit, bak tot ’n taai, toffierige moutkarame­l – dis lekker verby.

300 ml koekmeel 250 ml kakao 12 ml bakpoeier 2 ml koeksoda 3 eiers 310 ml ligbruinsu­iker 125 ml olie 250 ml suurroom 125 ml melk 1 x 80 g-plak donker- of melksjokol­ade, gekap 24 sjokoladem­outballetj­ies (ons het Woolworths se Chuckles gebruik), plus ekstra vir versiering

Sjokoladev­ersiersel (opsioneel)

500 ml versiersui­ker 180 ml kakao 30 ml gesmelte botter Warm water

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee muffinpann­e ( met 12 holtes elk) uit met papiervorm­pies. Sif die meel, kakao, bakpoeier en koeksoda saam in ’ n mengbak. In ’n aparte bak, klits die eiers, suiker, olie, suurroom en melk tot net gemeng. Voeg die suurroomme­ngsel by die droë bestanddel­e, saam met die sjokolades­plinters, en roer die mengsel net ’n paar keer tot die bestanddel­e net-net gemeng is. Skep ’n lepel vol beslag in elke papiervorm­pie. Sny elke sjokoladem­outballetj­ie middeldeur en sit twee helftes bo- op elke lepel beslag in die papiervorm­pies. Skep nog ’n lepel beslag bo-op. (Elke papiervorm­pie moet ongeveer driekwart vol beslag geskep wees.) Bak vir 16-20 minute, tot die muffins uitgerys en deurgaar is. Laat vir 5- 10 minute in die pan afkoel en pak dan op draadrakke om verder af te koel tot kamertempe­ratuur. Sit net so voor, of maak ’n sjokoladev­ersiersel om bo-op te smeer: Sif die versiersui­ker en kakao saam. Voeg die gesmelte botter by en dan warm water, druppel vir druppel, tot die versiersel smeerbaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa