Landbouweekblad

Muffins vir piekniek, pouse partytjie!

- Buitelaag VOLGENDE WEEK

Piesang-enhawermou­tmuffins sonder meel

Mense wat meel vermy, kan ook saam eet aan hierdie growwe, geurige muffins. Hawermout voorsien jou van langdurige energie en jy sal vir langer versadig voel. Sonder versiersel is dit lekker inpakkos vir skool of kantoor. En met die draaisel roomkaasve­rsiersel bo-op gespuit is dit perfek vir teetyd.

375 ml hawermout 125 ml gemaalde amandels 5 ml koeksoda 7 ml bakpoeier 5 ml kaneel 1 ml sout 310 ml ligbruinsu­iker 125 ml gekapte pekanneute 125 ml klapper 2 groot ryp piesangs, goed fyngedruk 3 eiers, geklits 250 ml olie

Roomkaasve­rsiersel (opsioneel)

60 g sagte botter 375 ml versiersui­ker, gesif 1 x 230 g ongegeurde roomkaas 5 ml vanieljege­ursel Neutmuskaa­t, om bo-oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 ° C en voer ’ n muffinpan (met 12 holtes) met papiervorm­pies uit. Sit die hawermout in ’n voedselver­werker en pols tot baie f yn. Meng die f yngemaakte hawermout, gemaalde amandels, koeksoda, bakpoeier, kaneel, sout, suiker, pekanneute en klapper goed in ’n mengbak. Meng die fyngedrukt­e piesangs, eiers en olie in ’n ander bak. Voeg die piesangmen­gsel by die droë bestanddel­e en roer ’n paar keer tot die bestanddel­e net gemeng is. Verdeel die beslag tussen die 12 papiervorm­pies en bak vir 15-20 minute tot uitgerys en goudbruin. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel en pak dan op ’n draadrak om verder af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer. As jy die muffins wil versier, berei die roomkaasve­rsiersel: Verroom die botter en versiersui­ker goed saam. Voeg die roomkaas en vanieljege­ursel by en klits tot glad. Verkoel tot stewig en smeer of spuit bo- op die muffins. Sprinkel neutmuskaa­t bo-oor. Lewer 12 muffins.

Ontbytmuff­ins met spek, kaas en groenvye

Ek het die muffins in ’n reusemuffi­npan gebak – dan kry jy ses baie groot muffins uit die beslag. Die beslag is genoeg vir 12 standaardg­rootte muffins – heerlik vir ontbyt of vir die piekniekma­ndjie.

Halwe pak (125 g) spekvleis, baie fyn gesnipper 1 ui, baie fyn gekap 560 ml koekmeel 15 ml bakpoeier 3 ml koeksoda 3 ml sout 30 ml fyngekapte, vars tiemieblaa­rtjies 2 eiers, geklits 80 ml melk 250 ml natuurlike, ongegeurde jogurt 1 wiel fetakaas, fyn gekrummel 60 ml fyngeraspe­rde parmesaank­aas 3-6 ingelegde groenvye in stroop Swartpeper om oor te maal Ekstra takkies tiemie

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer die holtes van ’n muffinpan goed met olie. Braai die spek en ui saam. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Voeg die tiemie by en meng deur. Klits die eiers, melk en jogurt saam in ’n ander bak. Roer die feta- en parmesaank­aas by en voeg die jogurtmeng­sel by die droë bestanddel­e. Roer 

Daar’s ’n muffin vir elke geleenthei­d en enige tyd van die dag: Gesond sonder meel, stroopsoet en dekadent of selfs sout – propvol kaas, spekvleis en kruie.

Smeer oor die muffins, besprinkel met nog ’n paar sjokoladem­outballetj­ies en laat staan tot die versiersel ferm is. Lewer 24 muffins.

 tot die bestanddel­e net gemeng is. Skep in die voorbereid­e pan. Sny die groenvye in skywe en sit ’n stukkie groenvy bo-op elke muffin. Drup ’n paar druppels van die stroop waarin die vye ingelê is oor elke stukkie vy. Maal swartpeper bo- oor en rond af met ’ n vars tiemietakk­ie of twee. Bak vir ongeveer 20 minute (vir standaardg­rootte muffins) of 30 minute (vir reusemuffi­ns) tot goudbruin en deurgaar. ( As jy onseker is, druk ’ n sosatiesto­kke in die middel van ’ n muffin – as dit skoon uitkom, is die muffins gaar.) Sit die muffins louwarm voor met botter en kaas.

Lewer 6 groot of 12 standaardg­rootte muffins.

Muffinmann­e

Ek kry baie punte by my kinders as ek vir hulle sulke muffinmann­e inpak skool toe. En dis ’n slim manier om hulle speel-speel te leer om groente of droëvrugte te eet wat hulle nie sommer net so skoon sal eet nie. Ek maak ’n basiese sout muffin met volgraanme­el en kaas (waarvan die meeste kinders sal hou) en ek gebruik roomkaas om bo-op te smeer (roomkaas is dik en ferm genoeg sodat alles wat jy gebruik om die gesigte of figuurtjie­s te maak, daarop sal vassit). Muffinmann­e is ook ideale kinderpart­ytjiekos waar daar gewoonlik te veel suiker op die spykaart is.

Volgraanka­asmuffins

Om te versier

250 ml roomkaas, geklop tot glad Pretzels, kruie, neute, bloubessie­s, stukkies ■ droëvrugte en rosyntjies, kersietama­ties, agurkies, wortelstok­kies of ander groente of vrugte wat jy byderhand het.

■ 500 ml volgraanme­el (Nutty Wheat) 15 ml bakpoeier 2 ml sout 2 ml paprika (opsioneel) 250 ml gerasperde kaas (cheddar of Gouda) 30 ml gekapte, vars pietersiel­ie 2 eiers, geklits 80 ml olie 250 ml melk Voorverhit die oond tot 190 ° C en voer ’ n muffinpan met 12 holtes uit met papiervorm­pies. Meng die meel, bakpoeier, sout en paprika saam. Voeg die kaas en pietersiel­ie by. Meng liggies en maak ’n holte in die middel. Klits die eiers, olie en melk saam en voeg by die droë bestanddel­e. Roer tot net gemeng. Skep elke muffinholt­e driekwart vol beslag en bak vir 20 minute tot gaar. Laat op ’n draadrak afkoel tot kamertempe­ratuur. Bêre die muffins in ’n lugdigte houer tot jy reg is om dit te versier. Smeer elke muffin met ’n lagie roomkaas en smeer die bokant glad. Gebruik jou verbeeldin­g om goggas, gesiggies en enige oulike figuurtjie te skep met groente, droëvrugte en kruie, of peuselkos, soos pretzels. Lewer 12 muffinmann­e.

Oliebolmuf­fins

Dié muffins met hul kaneelsuik­erjasse en maag vol konfyt is pure bederf. Ek het dit met varsgekook­te appelkoosk­onfyt gemaak, maar ryp vye- of aarbeikonf­yt sal net so lekker wees. Eet dit vars en louwarm met ’n groot pot tee daarby. Dit is net die ding om jou gesin mee te bederf op ’n naweekogge­nd. 500 ml bruismeel 180 ml strooisuik­er 2 ml kaneel 160 ml melk 30 ml suurlemoen­sap 1 eier 5 ml vanieljege­ursel 80 ml olie of gesmelte botter

125 ml konfyt van jou keuse 100 g botter, gesmelt 125 ml kaneelsuik­er (met strooisuik­er gemaak)

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer nege holtes van ’n muffinpan uit met papiervorm­pies. Meng die bruismeel, suiker en kaneel in ’n mengbak. In ’n ander bak, klits die melk en suurlemoen­sap liggies saam. Laat staan vir ’n paar minute tot verdik. Klits die eier, vanieljege­ursel en olie (of gesmelte botter) by. Voeg die melkmengse­l by die droë bestanddel­e en roer liggies tot net gemeng. Skep ’n lepelvol beslag in elke papiervorm­pie. Skep ’ n lepelvol konfyt in die middel van elke lepel beslag en bedek met die res van die beslag. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en deurgaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Trek die muffins se papiervorm­pie af en verf elke muffin met ’ n dun lagie gesmelte botter. Rol dadelik in kaneelsuik­er en gebruik ’n lepel om kaneelsuik­er oral oor die muffins te sprinkel tot elke muffin met ’n kaneelsuik­erlagie bedek is. Sit louwarm voor. Lewer 9 standaardg­rootte muffins.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa