Landbouweekblad

Elwe-chaos! A

-

s ek in die winter in die Gautengse laatmiddag- verkeer vasgevang word, kan ek nie help om te wonder hoe dit gaan met die elfhengel naby Oos- Londen nie – die plek wat ek laat in 2013 vir die Hoëveld verruil het.

My swaer Sidney King het gelukkig enkele weke voor ek daar weg is, Oos-Londen toe getrek. Wanneer hy hengel, hoor ek op my slimfoon daarvan. Op een spesifieke dag in Julie, toe hy noord van die stad byna 20 elwe uitgetrek het, het ’n kort en kragtige boodskap op my foon verskyn: “Shad chaos!”

Die eerste keer toe ek so ’n “elwe-chaos” ervaar het, was omtrent 20 jaar gelede terwyl ek nog in Durban gestudeer het. Een van die ouens wat saam met my in die kommune gebly het, het my vroeg een Sondagogge­nd kom wakker maak sodat ons op die piers naby die stad se Goue Myl kon gaan lyn natmaak. Maar toe ons in die halfdonker daar aankom, was ons nie die enigstes met elf op die brein nie.

Dit het behoorlik gewemel van vissermann­e – honderde van hulle, meestal Indiërs. En elkeen van dié ouens op die betonpiers was gewapen met ’n flits en lang visstokke.

Mededingin­g was straf om ’n plekkie op die punt van die pier te kry, waar die stryd om in te gooi en vis te vang die hewigste was. ’n Mens is sommer maklik geskel terwyl jy deur die opgewonde skare gebeur het. Dié harde woorde kon maklik in potensiële fi- sieke geweld ontaard as jy dalk per ongeluk jou lyn oor een van die vele ander sou gooi wat in die Indiese Oseaan gewag het op elf wat lus is vir sardyn aan ’n hoek.

Uit vrees vir my welstand het ek boedel oorgegee toe ’n knorrige ou man sy aasmessie kwaai begin rondswaai het. Ek moet my vriend die eer gee: Ondanks die sosiale uitdagings het hy tóg twee knewels gevang.

Hele gemeenskap­pe aan die ooskus van Suid-Afrika geniet elke winter die koorsagtig­e jag op die elwe, veral in Junie en Julie. Trouens, sodra die nuus kom dat die eerste elf in ’n kusdorpie aan wal is, sal hengelaars – oud en jonk – in groot getalle verskyn.

Kort nadat Sidney in Mei verlede jaar sy eerste elf gevang het, het mense elke liewe middag na sy gunsteling­stukkie kus begin stroom. Dit is net vroegoggen­d dat hy van die skares kon wegkom – amper soos die Sondagogge­nd laat in Julie, enkele ure voor ek uit Oos- Londen moes vlieg ná ’ n kort kuiertjie daar. Afgesien van ’n paar leë bottels wat die skares agtergelaa­t het, het ons die kuslyn genadiglik vir onsself gehad. Net toe die son sy kop agter die rollende branders uitsteek, was ek gelukkig genoeg om ’n elf van 38 cm uit te trek – kort voor ek na die betonoerwo­ud moes terugkeer.

BESTE TOESTANDE

Sonsopkoms en -ondergang bly die beste tye om elf te vang. Verder is ’n westewind geneig om die elf na die hoek te bring, veral ’n uur voor en ná hoogwater. As hoogwater saam-

val met sonsopkoms of -ondergang, kan ’n mens niks anders as manjifieke hengelkans­e verwag nie.

As jy in goeie gerei belê, sal dit jou ingooie baie verbeter – wat afstand én bestendigh­eid betref – en jou suksessyfe­r dramaties opstoot.

Sidney hengel met ’n Shimano Aerocast spinvissto­k van 7 voet met ’ n Shimano 4000- katrol, kompleet met omvlegte lyn. Sy gunsteling­kunsaas bly ’ n dubbele Toby Spoon (2 onse), vasgemaak aan ’n 60 cm-fluoorkool­stofvoorsl­aglyn, maar hy het ook al lieflike elwe uitgetrek met aas, soos sardyne, wat laat dryf is op ’n stroom wat terugtrek.

Ernstige elfhengela­ars is geneig om ’n onderskeid te tref tussen die kleiner, “groen” elf wat in groter skole voorkom, en die “blou” elf, wat die skaal bo 10 kg kan trek (die amptelike Suid-Afrikaanse hengelreko­rd vir elf is 10,3 kg, terwyl die nie-amptelike rekord glo meer as 11 kg is). Vir dié bielie-elwe sou dit raadsaam wees om met ’n staalstrop of klavierdra­ad tussen die lepel/hoek en lyn te hengel (vergroot die hoek van 4/0 tot minstens 6/0 wanneer jy agter “blou” elf aan is), aangesien gewone vislyn uiters gevoelig is vir die groter elf se vlymskerp tande.

Onthou, ’n mens mag slegs vier elwe van meer as 30 cm per dag vang (gemeet van die punt van die bek tot die vurk van die stert), en net in die oop seisoen tussen 1 Desember en 30 September.

Elke winter volg elwe die sardientji­eloop teen die Suid-Afrikaanse ooskus op na die warmer water van KwaZulu-Natal om eiers te lê. Dié taai vegters sorg vir ’n visvangerv­aring soos min.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa