Landbouweekblad

Vriende trap 739 km vir ’n verskil T

-

wee vriende van hul skooldae af, Humberto Cardoso en Mauritz Walters ( albei 35), pak vanjaar die Cape Epic-fietswedre­n aan ten bate van die Leer & Leef- organisasi­e. Dié organisasi­e sonder winsbejag wil opvoeders in minderbevo­orregte gemeenskap­pe toerus met vaardighed­e, kennis en hulpmiddel­s om te verseker dat Bolandse bewaarskol­e opvoeding van ’ n goeie gehalte aan voorskools­e kinders op die platteland bied.

“Vir hul toekoms is dit belangrik dat ’ n goeie opvoedkund­ige grondslag reeds van kleins af vir kinders gelê word,” sê Mauritz, ’n vrugte-en-groenteboe­r van die plaas Eikenhof buite Ceres en die pa van drie kleuters.

Hulle het by Humberto se vrou, Anke, ’n onderwyser­es in die grondslagf­ase, van die Leer & Leef-organisasi­e gehoor.

“Ons het self kinders en my vrou leer en stimuleer hulle reeds van kleintyd af. Ek het besef hoe bevoorreg ons is om dit te kan doen en watter voordele dit vir ons kinders inhou. Ons ervaar ’n groot leemte in bewaarskol­e wat onderwysop­leiding en stimulerin­g be- tref. Ons wil probeer om hierdie leemte in ons onmiddelli­ke omgewing te vul,” vertel Humberto, ’n winkeleien­aar.

Sowat 1 000 kleuters in 60 bewaarskol­e gebruik die Leer & Leef- werkboeke, wat jaarliks aangekoop moet word. Baie ouers kan dit egter nie bekostig nie.

Humberto en Mauritz wil nou R75 000 – oftewel R100 vir elke kilometer wat hulle in die Cape Epic trap – vir die Leer & Leef-organisasi­e insamel. “Met die geld wil ons die werkboeke subsidieer sodat die ouers dit teen ’n goedkoper prys kan koop,” sê Mauritz.

WERKBARE LEERPROGRA­MME

Die stigtersle­de van die Leer & Leef-organisasi­e, Magdél Botha en Mariet Lambrechts, het deur hul betrokkenh­eid by bewaarskol­e op plase besef die kreatiewe en geesdrifti­ge vroue by hierdie skole het dikwels nie die nodige opleiding of materiaal nie.

Hulle het toe werkbare leerprogra­mme vir die opvoeders en kreatiewe werkboeke vir die leerders geskryf. “Dit is vir ons belangrik dat die kinders nie met ’n agterstand skool toe gaan nie. Hulle moet daarom die nodige stimulasie kry,” sê Magdél.

LINKS: ’n Boer en ’n sakeman van Ceres durf vanjaar se Cape Epic-bergfietsw­edren aan ten bate van die Leer & Leef-organisasi­e wat leerprogra­mme vir onderwyser­s van minderbevo­orregte gemeenskap­pe skryf. Van links is Mauritz Walters, Magdél Botha, Mariet Lambrechts en Humberto Cardoso. LINKS: Plaaskinde­rs spog met hul Leer &

werkboeke. Die boeke is onder meer op taalontwik­keling, visuele persepsie en motoriese ontwikkeli­ng toegespits. ’n Sakeman en ’n boer van Ceres hoop om geld in te samel sodat die boeke goedkoper aan behoeftige ouers beskikbaar gestel kan word. FOTO: VERSKAF

Die moordende Absa Cape Epic-bergfietsw­edren is nie vir sissies nie. ’n Tweemanska­p van Ceres pak dit aan ten bate van kinders se opvoeding.

LINKS: ’n Mandjie vol heerlike rape uit die groentetui­n. Sommige groentegew­asse lewer ’n oorvloedig­e opbrengs en dan verg dit slim dink om die oes op interessan­te maniere voor te berei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa