Landbouweekblad

GROEN VINGERS — TUINMAAK, TEGNOLOGIE EN TROUSTORIE­S

- ALETTE DE BEER

s jy wil trou, sê die slim mense, moet jy eers vir ’n jaar ’n plant aan die lewe hou, dan ’n troeteldie­r vir nog ’n jaar, en dan is jy dalk gereed om ’n ander mens aan te hou. Hier is ’n ander uitdaging: Probeer vir ’n jaar lank ’n groentetui­n aan die lewe hou met genoeg gesonde groente deur die kalenderja­ar om ’n honger egpaar te voed. Dán is jy sekerlik op pad na ’n lang en gelukkige lewe saam.

Ek en kêrelman is nog nie heeltemal daar wat die tuin betref nie, maar in goeie weke kom daar darem so 80% van ons gemiddelde bord kos uit die tuin (of die kraal). Dis ’n ongeloofli­ke lekkerte om weg te lê aan ’n ete wat jy self gekweek, gepluk en gekook het, sonder skuldgevoe­lens oor kosmyle of stres oor hoeveel gifstowwe jy verorber.

Maar dit verg beplanning – nie altyd my sterk punt nie.

Tuinmaak raak al hoe lekkerder hoe meer ek daarvan leer, maar dis soms nogal oorweldige­nd om al die brokkies kennis en inligting te integreer en kop te hou van wat alles in die tuin gedoen is en nog gedoen moet word. Ek het byvoorbeel­d verlede jaar al my afrikanert­jies uitgetrek omdat ek skoon vergeet het dis daar geplant en gedog het dis ’n onkruid. Die tuin was vol leë kolle waar ek gedog het ek het al iets geplant; ander dele was heeltemal oorgroei met plante wat stoei vir ’n sonkolletj­ie omdat ek nie geweet het hulle kort só baie plek nie.

Die oes se hoeveelhed­e was ook vreemd – ’n mens vergeet soms dat een radysplant­jie net een radys maak, terwyl een tamatiepla­nt byvoorbeel­d ’n sak vol tamaties kan oplewer. Selfs die gaafste geliefde wil nie oggend, middag en aand dieselfde kos eet nie (veral nie as dit rape is nie, maar dis ’n storie vir ’n ander dag).

Vanjaar ontdek ek toe ’n aanlynprog­ram om my tuin mee te beplan – GrowVeg.com – en dit maak dinge oneindig makliker. Ek het die gratis proeflopie goed bekyk en toe met ’n glimlag die $25 intekengel­d betaal.

Op GrowVeg kan jy jou hele tuin uitlê. Die program werk outomaties jou plantspasi­ëring uit en bêre al jou inligting – wat jy waar geplant het, plantdatum­s, hoe lank plante in die grond gaan wees (en wanneer die bedding dus weer beskikbaar gaan wees).

Dit herinner jou ook om wisselbou toe te pas sodat jy nie voedingsto­wwe myn of siektes opbou nie.

Daar is ’n groeigids vir elke plant: Plantdiept­e, spasiëring, of die saad liewer regstreeks of in kissies gesaai wil wees, tot watter familie die plant behoort en watter plantmaats saam met hom sal wil groei.

Jy kry tweeweekli­ks e-posse met ’n lys van wat jy nou kan plant, op grond van jou spesifieke ligging en rypdatums. Die webwerf het ook ’n spul video’s en artikels met puik raad.

Daar is natuurlik hordes ander toepassing­s en programme vir ywerige tuiniers – krap gerus rond en vind die program wat vir jou werk.

GrowVeg het sy beperkings. As ontwerppro­gram is dit effens lomp om te gebruik, maar darem nie moeilik nie. Ek vermoed dit verg baie bandwydte en geheue – my skedonk-rekenaar raak baie stadig as ek die program oop het.

Ek sou ook nie aanbeveel dat jy jou troue se tafelplan daarop uitwerk nie – dit het ’n groot geskarrel afgegee toe ons 12 uur voor die troue al die halfgedekt­e tafels weer moet afdek en skuif omdat ek gedog het daar is meer beddings en blomkole (ek bedoel tafels en gaste) as wat daar eintlik was. “Dog” het mos gedog hy plant ’n veer . . . Alette woon op ’ n plaas naby Prieska, waar sy na hartelus kan tuinmaak. Sy is ook ’ n profession­ele vertaler.

Beplanning is uiters belangrik as jy die hele jaar uit jou tuin wil smul. Gelukkig is daar nuttige programme op die a internet beskikbaar wat jou kan help.

BO LINKS: Die sierlike en indrukwekk­ende Kaaps-Hollandse herehuis op Celeryfont­ein wat deur Frans sr. ontwerp is en in 1953 teen ’n koste van 30 000 pond deur Italiaanse krygsgevan­genes gebou is.

jr. by die naambordji­e by die ingang van die plaas. Dit dateer uit sy oupa se tyd.

LINKS BO: Talle velddamme, soos hierdie, is oral deur Frans jr. se pa, Francois, in waterlope op Celeryfont­ein gebou.

REGS BO: Die ou opstal op Celeryfont­ein waar Frans van Wyk sr. deur die kinderlose Therons grootgemaa­k is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa