Landbouweekblad

Celeryfont­ein-herehuis het ryke geskiedeni­s D

-

ie derde geslag in ’n bekende boerefamil­e, mnr. Frans van Wyk jr., het pas die besondere huis op Celeryfont­ein se sleutels oorgeneem.

Frans se oupa, ook Frans, was een van die Karoo se welvarends­te boere. In die wol- boom in 1953 het Frans sr., met 25 000 morg grond op sy naam, die huis self ontwerp. Italiaanse krygsgevan­genes, meesterbou­ers wat tydens die Tweede Wêreldoorl­og hier geïnternee­r was en ná die oorlog agtergebly het, het dit gebou.

“As die Bolandse wynboere dit kan hê, kan ek dit ook in die Karoo hê,” het die verbeeldin­gryke man graag gesê oor die huis wat ’n ongehoorde 30 000 pond (sowat R12 miljoen vandag) gekos het.

VAN THERONS NA VAN WYKS

Dit is vandag steeds die mees imposante en grootste opstal in die Karoo en spog met sewe slaapkamer­s, groot onthaalver­trekke vol antieke stinkhoutm­eubels, ’n ontbyt- en sonkamer, ’n vollengte Thurston-biljarttaf­el, sierlike gewels, kaggels, vloere, vensters en deure van Birmaanse kiaat en stoepe van leiklip. Die huis van 3 000 m² staan in ’n parkagtige tuin met honderde aangeplant­e bome en ’n swemdam wat net effens kleiner as ’n Olimpiese swembad is.

Celeryfont­ein, een van die oudste plase in die Karoo, het sy naam te danke aan die wilde seldery wat daar by ’n fontein gegroei het.

’n Sameloop van omstandigh­ede het die plaas in die Van Wyks se besit gebring.

Frans Piet Retief Theron, broer van Danie Theron, die beroemde Boerespioe­n in die Anglo-Boereoorlo­g, het destyds die plaas besit. Ná Frans sr. se geboorte in 1911 het sy moeder erg verswak en het die kinderlose, welgesteld­e Therons die baba ingeneem en versorg. Hy is nie wettig aangeneem nie, maar sy ouers het ingewillig dat die Therons hom kon grootmaak. Hy het Van Wyk gebly, maar het sy peetpa se name gekry. Frans het later sy weldoener se erfgenaam geword en sy name is ook aan sy seun (Francois) en kleinseun oorgedra.

HARDE BENE GEKOU

Van die begin af was hy ’n skeppende boer, ondernemen­de sakeman en gedugte landboulei­er, maar nie sonder terugslae nie.

In die 1930’s se Depressiej­are moes hy met velle smous. Hy het dit teen ’n tiekie (3c) by boere gekoop en teen ’n klein wins verkoop. Droogtes het hom ook by tye op sy knieë gehad. In die 1940’s het hy met ’n flentergat­lorretjie vir ander boere skape uit die droogteget­eisterde Karoo na weiding in die Wes-Kaap aangery en só die pot aan die

kook gehou. Op ’n keer was hy, doodsiek, vir ’n maand lank in dieselfde klere op die pad.

In 1965 het die nederige mofskaap se wol hom gered. Hy het 10 000 pond se skuld gehad vir verbeterin­gs op die plaas en moes ’n topprys vir die wolskeerse­l kry, anders sou hy alles verloor. Sy hoop is nie beskaam nie.

Toe die wol in Port Elizabeth opgeveil word, is hy, sigaret in die hand, angstig in die galery. Die bieëry het by 100 pennies per pond gekom, toe Frans sr. opvlieg en vir die afslaer waai om te verkoop. Dié het hom nie daaraan gesteur nie en die bod het bly klim. Toe die bod op ’n rekordprys van 183 pennies toegeslaan word, was die brandende sigaret skoonveld.

Van pure opwinding het hy dit ingesluk! Hy kon sy skuld betaal én sy grond behou.

Frans sr. (en later ook Francois) het later Fraserburg se burgemeest­er geword. Hy was die direkteur van verskeie maatskappy­e en koöperasie­s, bestuursli­d van die voormalige Suid-Afrikaanse Landbou-unie (nou Agri SA) en die Nasionale Wolkwekers­vereniging, voorsitter van die eertydse Wolraad en Suid-Afrika se verteenwoo­rdiger by die Internasio­nale Wolsekreta­riaat in Londen.

Toe Francois die boerdery oorneem, het Frans sr. Pretoria toe verhuis en in Waterkloof gaan woon om sy volle aandag aan die Wolraad te wy, waarna hy op Voëlklip in Her-

manus afgetree het. Hy is is 1991 op 82 in die Vergenoeg-aftreeoord in die Paarl oorlede.

Naas die bou van die Kaaps-Hollandse huis, is veldherste­l en verbeterde drakrag, ’n reeks stuwalle in leegtes en waterlope wat Celeryfont­ein se watervlak van sowat 4 m diep tot feitlik op die oppervlak gebring het, en opgaardamm­e vir die fontein se water, sy grootste nalatenska­p.

Die fontein het nog nooit opgedroog nie en lewer ’n konstante vloei van 135 000 liter vars water per uur.

Hy was landwyd bekend om sy toewyding aan wolklasser­ing en sy jaarlikse skeersel was van die beste in Suid-Afrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa