Landbouweekblad

VOLGENDE GESLAG

-

Wyle mnr. Francois van Wyk se spogplaas Celeryfont­ein en sy ander plase by Fraserburg en Carnarvon is veilig in sy twee seuns en erfgename, Frans en Nicolaas, se hande, danksy die hulp van ’n jong plaasbestu­urder, Francois Lotter.

Frans woon in Ceres en Nicolaas in die Paarl. Francois se twee getroude dogters, Mariken en Maatjie, woon onderskeid­elik op Stellenbos­ch en Somerset-Wes.

Ná sy vrou, Nicoleen (née Smit), se dood ’n motorongel­uk in 1997, het Francois alleen in die reuse-huis op Celeryfont­ein gewoon tot hy verlede jaar op ’n sterk, aktiewe 77 onverwags aan nierversak­ing in ’n Kaapstadse hospitaal oorlede is.

Frans (45) het nooit geboer nie. Hy is ’n landbou-ekonoom en geoktrooie­erde rekenmeest­er in vennootska­p in Agrifusion, ’n Stellenbos­se konsultasi­e-ondernemin­g. Hy besoek Celeryfont­ein gereeld. Sy gereedskap is ’n skootreken­aar en ’n satellietf­oon waarmee hy daagliks met Celeryfont­ein in verbinding is. Telkomland­lyne bestaan feitlik nie meer in die Karoo nie en daar is nie selfoonont­vangs nie.

Tussen Frans en sy twee susters is daar nege kleinseuns wat kan verseker die plase bly in familiebes­it en dat hul oupa en pa se nalatenska­p voortgesit word.

Frans se planne vir verdere uitbreidin­gs en struikelbl­okke in die toekoms, soos skaliegas-ontginning en moontlike grondeise, is agtermekaa­r.

Op die plase (altesaam 38 000 ha) loop 7 000 verbeterde Geelbek-Merino’s en meer as 1 000 springbokk­e, waarvan jaarliks 300 gejag word. Dit is die grootste

jaarlikse wolskeerse­l en die meeste skape wat in die Karoo bemark word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa