Landbouweekblad

NAVORSING GAAN VOORT

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Professor Michael de Jongh het vir meer as 20 jaar as een van SuidAfrika se voorste antropoloë die karretjiem­ense breedvoeri­g bestudeer. Plaaslik en internasio­naal het hy wyd gepublisee­r rondom onderwerpe, soos etnisiteit, verstedeli­king, tradisione­le leierskap, plaaslike regering, metodologi­e en menslike mobiliteit.

Volgens De Jongh is sy betrokkenh­eid by die karretjiem­ense deurlopend en dit gaan voort aan die navorsings- sowel as die ontwikkeli­ngsfront. Daar word steeds gepoog om alternatie­we heenkome vir hulle te vind en om oplossings vir maatskapli­ke probleme te kry. Boere in die streek speel toenemend ’n rol in dié verband. Wat navorsing betref, kom daar eersdaags ’n span genetici van die Universite­it van Uppsala in Swede saam Karoo toe waar hulle DNS-ontledings van die karretjie-honde en -donkies gaan doen. Daar is ’n belowende aanduiding dat die honde afstammeli­nge is van die vroegste Afrikahond, die Canis Africanis.

Een van my vriende, wat nou reeds oorlede is, wou nooit daarvan hoor dat ’n mens in jou Bybel kan aantekenin­ge maak, teks onderstree­p of dit as ’ n bêreboek vir kaartjies mag gebruik nie.

“Dit is Gods Woord en ’n mens krap nie daarin nie,” het hy gesê.

Sy vrou was net mooi die teenoorges­telde. Haar Bybel was ryklik versier met onderstree­pte tekse, datums, name van mense wat daaroor gepreek het en groot geleenthed­e wat daaraan gekoppel is. Selfs vandag, jare ná haar heengaan, is daar ’n klomp inligting wat daarin gevind kan word. Vir haar was dit ’n geselsboek en ’n geheuebank.

Ek sal my so tussen dié twee moet plaas. Nee, ek wil ook nie van my Bybel ’n bêreboek maak nie, maar, ja, ek het tog tekse onderstree­p en hier en daar ’n aantekenin­g gemaak wat my geheue kom verfris.

Vandag wil ek oor een so ’n onderstree­pte teks met jou praat. In Spreuke 4:25-26 staan: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af.” Hierdie teks het ek vir myself onderstree­p toe ek nog baie jonk was. Ek wou myself sien as iemand wat ’ n vaste besluit geneem het oor die lewenspad wat ek wou loop. Daar moes geen onduidelik­heid oor my lewenskoer­s wees nie. Ek moes klaarheid hê oor my wil om daarop te volhard. As ek vandag op my lewe terugkyk, weet ek ek het hierdie boodskap male sonder tal aan die jeug verkondig. In ’n neutedop kom dit neer op: Kies reg, hou altyd jou doelwit in gedagte, kyk en loop reguit en volhard tot die einde toe.

Nadat die Suid- Afrikaner Sean Wisedale die top van berg Everest bereik het, het iemand hom gevra watter boodskap hy vir mense het wat sy deursettin­gsvermoë bewonder. Hy het geantwoord: “If you want to get to the top, you must go to the top!”

Miskien verstaan jy nou waarom ek die woorde in Spreuke 4:25-26 onderstree­p het.

Mnr. Ronald van Lochem. gronddamme kan waterverli­es voorkom.

“’ n Vinieldamv­oering help wel om ou damme met krake weer dig te maak. Die probleem kom by die struktuur wat steeds nie baie sterk of stabiel is nie, want die voering het die dammuur nodig om die drukking te kan hanteer en sy vorm te hou.”

’ n Ander belangrike faktor is dat die plastiseer­middel wat die PVC- plastiekba­sis van die voering plooibaard­er maak, uit die voering afskei waar son en water dit pekel.

Die vinielvoer­ing kan daarom binne ’n paar jaar bros word 

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa