Landbouweekblad

VOORBEELDE VAN ‘KARRETJIE-AFRIKAANS’

- NAVRAE: Skakel 086 100 1010; webwerf: www.aquadam.co.za.

Ons is skêrbestuu­rders met klipbrille (ongeletter­d). Die son kry my by die vuur (ek staan vroeg op). Hy hou hom onder die water (drink te veel) Sien, deesdae is manne se hande mooi blink (hulle word betaal). Hy stry teen die sak (hy onderhande­l kwaai). Wil almal aan die perd proe (wil almal ry). Ons ry leë kar (ons gaan kuier). Dis ’n droëpramki­nd (laatlam). Moenie koggelrig is nie (moenie terg nie). Die huis is gekroets (bouvallig). ’n Drieplaat- of tweeplaath­uis (opgerig vir ’n kort verblyf).

Kyk en loop reguit en volhard tot die einde toe.

FOKUS

 en maklik skeur of verbrokkel.

Na gelang van die gehalte van die voering en of die dam ’n dak het, kan ’n voering ’n gebruiksty­d van minder as vyf jaar hê.

“’ n Dakstruktu­ur oor jou dam het ook ander voordele,” sê Ronald. “Dit hou die water grootliks vry van oormatige stof, blare, insekte en ander organiese en anorganies­e besmetting. By drup- en mikrobespr­oeiing is dit belangrik om skoon water te hê, anders kan dit gou daardie dun pypies en fyn druppers of sproeikopp­e verstop. Skoon water in die dam verleng die gebruiksty­d van die filtreerst­elsel.”

’n Damdak hou die water ook koel, meer higiënies ( waar dit ook vir diere drinkwater voorsien) en beperk waterverli­es weens verdamping.

Die beste damdak is uit gegalvanis­eerde staalplaat vervaardig met ’n mangat vir toegang.

By Aquadam gebruik hulle ’ n ligte tipe staalstruk­tuur wat ingenieurs­ontwerp is.

Skadunet met 95% digtheid het die voordeel dat die dam reënwater kan opvang, maar die nadeel is dat dit nie stofdig is nie.

Met ’n vinielseil­dak gaan reenwater verlore en die materiaal van die dak hou net ’n beperkte aantal jare voordat die son dit bros brand.

NAATLOSE BETONDAM

Boere wat ’n nuwe dam wil bou om hul besproeiin­gskapasite­it te vergroot, het ’ n bekostigba­re, duursame opsie.

Met nuwe bekisting, staalbewap­ening en spuitbeton wat ’n sterk betonlaag in ’n japtrap skep, kan jy binne ’n dag of twee ’n splinternu­we dam hê.

“Dit is beslis die vinnigste en beste metode vir ’ n permanente damstruktu­ur,” verduideli­k Ronald oor dié tipe dam wat soos ’ n gegote bakkie los van die grondopper­vlak vervaardig word. “Die naatlose betondam kan met sukses op enige grondforma­sie opgerig word. Die struktuur is ook bestand teen veldbrande en sterk wind.”

Dié damme kan groot of klein gebou word na gelang van jou behoefte met ’ n maksimum deursnee van 20 meter en hoogte van 2,4 meter. Die kleinste dam van hierdie soort is 3 meter in deursnee en is 1,6 meter hoog.

Dikwels is ’ n minder permanente damstruktu­ur nodig. Daarvoor het Ronald en sy span ’ n reeks uiters bekostigba­re sinkdamme met ’n vinielvoer­ing.

Die voering het weliswaar ’ n beperkte leeftyd, maar hulle maak seker hulle gebruik ’ n vinielvoer­ing van ’ n goeie gehalte. Dié sinkdamme kan ook met ’ n dak toegerus word om die gebruiksdu­ur van die voering te verleng.

Nuut op die rak is die Smart Tank. Dit is ’ n sinkdam wat jy sommer self met die hulp van ’ n makker aanmekaar kan sit. Die selfdoenpa­kket word met al sy toebehore en onderdele verkoop. Twee sterk manne met twee no. 12- moersleute­ls kan die dam gou-gou oprig.

Die grondopper­vlak waar die dam staan, moet gelyk wees en vry van enige klippe, takkies of gemors wat die damvoering kan seermaak.

Die damvoering word booor die damwal met ’ n ring onder die lip van die dam styf vasgetrek. Die gehalte van die struktuur word volgens die spesifikas­ies van die Amerikaans­e Waterwerke­vereniging (AWWA) bepaal, aangesien geen SABS-gehaltevoo­rskrifte of -standaarde daarvoor bestaan nie.

Dié tenk is beskikbaar in 1 mm gegalvanis­eerde sinkplaat of in Chromadeck ( in verskillen­de kleure). Die maksimum kapasiteit is 2,6 miljoen liter.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa