Landbouweekblad

Kies die regte opgaardam

- ONDER:

Daar is ’ n hele paar opsies na gelang van die volume water en waterdruk wat jy vir ’ n besproeiin­gstelsel nodig het. Jy kan gronddamme, baksteen-en-sementdamm­e en selfs groot watertenks benut.

’n Mens kry dikwels ouer, vervalle damme op plase.

Mnr. Ronald van Lochem, besturende direkteur van Aquadam, bou reeds van 1992 damme saam met sy span kundiges en arbeiders en sy raad is om nié hierdie ou damme af te breek nie.

“’n Ou dam met krake is tipies van die steendamme wat boere sommer self met steenverst­erking, bakstene en sement gebou het. Dikwels is die bewapening van die damstruktu­ur nie korrek nie en dan kraak veral die onderste derde van die dam.

“Drukverski­lle, damvlakke wat kan wissel van vol tot dol- leeg en selfs die tipe grond waarop hierdie damme gebou is, kan bydra tot spanning op die struktuur. Foute in die ontwerp, soos die dammuur wat nie op die vloer ingeklem is nie, verhoog die druk op die onderste derde van die muur. Die krake begin lek, water en suurstof laat die staal roes en swakker word en die krake word groter,” verduideli­k Ronald.

Om die krake toe te pleister, is nie ’n oplossing nie. Tog is dit nie die einde van só ’ n dam se nut nie. Met infrastruk­tuur, soos pompe, pype en krane, reeds daar, is dit wensliker om ’n beter dam op dieselfde plek te hê.

Met Ronald-hulle se ontwerp is dit moontlik om die ou dam as bekisting te gebruik. ’n Ingenieurs­ontwerpte staalbewap­ening word op die regte plekke en op die regte manier ingesit en dan word spuitbeton gebruik om sement teen hoë druk in ’n egalige laag vir ’n nuwe muur en vloer te spuit. Selfs ’n dam wat heeltemal uitmekaar val, kan op dié manier in ’n supersterk nuwe dam omskep word.

Ronald sê dié tipe damme sal ten minste 50 jaar hou en is ’ n doeltreffe­nde, bekostigba­re en permanente oplossing vir damme wat gekraak het.

ANDER OPSIES

Volgens Ronald is daar wel goedkoper opsies. Doelvervaa­rdigde damvoering­s in sink-, sement-, of BO: Danksy die Smart Tank-opsie kan tydelike damstruktu­re in ’n japtrap self opgerig word.

Of jy nou tientalle hektaar onder spilpunt, weiding onder besproeiin­g of groenteton­nels met drupbespro­eiing het, speel opgaardamm­e waarskynli­k ’n belangrike rol vir watervoors­iening en waterdruk. Met die spuitbeton­metode word ’n sementmeng­sel teen ’n hoëdruk (3 bar) gespuit met geen borreltjie­s of lugleegtes nie en ’n hoë verdigting met ’n betonsterk­te van 60 mPa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa