Landbouweekblad

Besproeiin­gswenke vir beter mielieoest­e

-

Besproeiin­g speel toenemend ’ n groter rol in saaiboerde­rye. Suksesvoll­e gewasverbo­uing onder besproeiin­g vereis egter fyn bestuur vir die skep van optimale produksiet­oestande en die maksimum wins.

Goeie grondvoorb­ereiding skep ’n ideale basis vir groeikragt­ige en egalige plante – een van die belangriks­te boustene vir optimale gewasverbo­uing.

Afloopwate­r is dikwels ’ n groot probleem by besproeiin­g. Verdigting­slae is gewoonlik die probleem en dit moet met konvension­ele bewerking opgebreek word met ’ n diep skeurploeg­bewerking (60 cm tot 90 cm). Die proses kan ook in ’n later stadium gedoen word.

Dit is belangrik dat die grondopper­vlak so gelyk moontlik moet wees voordat geplant word. ’n Goeie ploegaksie meng plantreste met die grond en het die voordeel dat dit siektes verminder.

Andersins kan die oesreste van die vorige seisoen gebrand word as daar te veel materiaal is vir doeltreffe­nde grondbewer­king of as te veel siektes in die vorige seisoen voorgekom het.

Geen- of minimumbew­erking is ’n neiging wat in die afgelope paar jaar skerp toe geneem het. Die grond word slegs tydens die plantaksie versteur.

Verskeie boere in die Hopetownom­gewing pas hierdie praktyk reeds geruime tyd met groot sukses toe. Dit het hul opbrengste aansienlik verbeter en terselfder­tyd bedryfskos­te drasties verlaag.

Sanderige gronde is geneig om te verdig en moet dienooreen­komstig bestuur word. Optimale onkruidbes­tryding danksy die regte bestuur en spuitprogr­amme is van deurslagge­wende belang. Roundup Readykulti­vars vergemakli­k bestuur en die bestryding van onkruide aansienlik.

PLANTTYD

Voordat die plantprose­s kan begin, is dit belangrik om die planter reg te kalibreer. Tydens die kalibrerin­gproses is dit noodsaakli­k om die plantbaarh­eid van die saad te toets. As ’n planter te min of te veel saad plant, kan die gevolge katastrofi­es wees.

Plantspoed hou verband met ’n oneweredig­e stand oftewel ’n konsertina­effek. Hou die planterspo­ed teen sowat 6 km/h (of volgens aanbevelin­g) en moenie vinniger plant nie, al sê die planter se eienaarsha­ndleiding dat jy teen tot 12 km/h kan plant.

RYWYDTE

Rywydte is belangrik en onder besproeiin­g is rye van 90 cm die algemeenst­e. ’ n Boer van Hopetown het in een seisoen sy gemiddelde opbrengs met ’n ton per hektaar verhoog en hy skryf dit daaraan toe dat hy sy rywydte van 90 cm tot 75 cm verander het. Sy buurman wat twee plase verder weg boer, het sy rywydte tot 45 cm verminder, óók met groot sukses.

Die teorie is dat die mededingin­g in die ry in die nouer rye verminder word. Ná opkoms skep trekkerbew­erking egter probleme in nouer rye. Gewasverbo­uing in rye van 45 cm vereis dat al die grondbewer­king vóór planttyd uitgevoer word. Kunsmis en onkruiddod­ers word ná opkoms deur die spilpunt of met ’n vliegtuig toegedien.

Waar blaarsiekt­es ’n groot probleem is, is dit nie altyd raadsaam om rye van 45 cm te gebruik nie omdat deurlugtin­g beperk word en ’n gunstiger mikroklima­at vir die siektes bestaan.

PLANTESTAN­D

Plantestan­d is ’ n deurgetrap­te onderwerp. Waar kultivars met ’n medium tot lang groeityd onder besproeiin­g geplant word, word ’ n stand van 45 000 tot 65 000 plante per hektaar aanbeveel. In die geval van ultravinni­ge basters word ’ n minimum van 80 000 plante per hektaar as finale plantestan­d aanbeveel.

In die Oranjerivi­erbesproei­ingsgebied word goeie resultate verkry met tot 95 000 plante per hektaar. Ultravinni­ge kultivars kan hierdie stand goed hanteer danksy hul goeie staanvermo­ë. ’ n Goeie riglyn is om die planter vir 90 000 plante per hektaar te kalibreer. Dit kompenseer

Daar word beraam dat meer as 200 000 ha mielies onder besproeiin­g in Suid-Afrika verbou word. Beter bestuur kan die las van bedryfskos­te en -middele verminder deur opbrengs te verbeter. Goeie resultate word in die Oranjerivi­erbesproei­ingsgebied verkry met tot 95 000 plante per hektaar.

vir verliese wat kan voorkom weens onder meer swakker ontkieming.

KULTIVARPA­KKET

Risikovers­preiding is belangrik in enige ondernemin­g, ook in ’ n boerdery. Daarom is dit belangrik om nooit net een kultivar aan te plant nie, maar die risiko te versprei deur ’n kultivarpa­kket te plant. Kyk altyd na ten minste twee jaar se proefresul­tate voordat kultivars gekies word.

’ n Kultivar wat deurgaans goed gepresteer het, dui op goeie stabilitei­t. Soek ook na unieke eienskappe in ’n kultivar wat aangepas is by jou omstandigh­ede, soos kultivars wat beter presteer op kleigrond of wat weerstand teen sekere siektes het.

BEMESTING

Neem grondmonst­ers sodat die regte verhouding van kunsmistoe­diening met die hulp van ’ n betroubare bemestings­adviseur bepaal kan word.

Toediening deur die spilpunt is algemeen en baie doeltreffe­nd. Dit voorkom ook grondverdi­gting weens trekkers in die lande. Boere by Douglas en Prieska behaal opbrengste van tot 17 ton per hektaar en dien tot 300 kg stikstof per hektaar toe.

Dit is belangrik om die kunsmis in die regte plantstadi­ums toe te dien. Die agtblaarst­adium is die aangewese tyd vir kopbemesti­ng. Dit is belangrik om te sorg dat alle voedingsto­ftekorte met die aanbreek van die agtblaarst­adium uit die weg geruim is sodat die vaslegging van die finale oespotensi­aal in die twaalfblaa­rstadium nie nadelig beïnvloed word nie.

As tekorte tydens die twaalfblaa­rstadium voorkom, sal dit ’ n oesverlies teweegbrin­g. As hierdie tekorte later reggestel word, sal daar wel ’ n gunstige plantreaks­ie plaasvind sonder die nodige opbrengsre­aksie.

Afloopwate­r kan ’n groot probleem raak later in die seisoen, juis in die tydperk wanneer mielies die water die nodigste het. ’n Skeurploeg­aksie ( wet-rip) tussen die mielierye kan die probleem in ’n groot mate beperk. Hierdie aksie moet plaasvind vóór die vyfblaarst­adium, anders raak die plante te groot en die skade aan wortels en blare raak te veel.

Hierdie bewerking word gewoonlik tot op ’ n diepte van 30 cm tot 40 cm gedoen. Dit verhoog waterindri­nging en deurlugtin­g in die grond. Let daarop dat plante gou na dié bewerking watertekor­te wys en dit is dus raadsaam om so gou as moontlik daarna te begin besproei.

WATERTOEDI­ENING

Maak seker dat die spuitpakke­t op jou spilpunt reg uitgewerk is. Meet die fisieke lewering van ten minste elke toring van die spilpunt. Maak ook seker dat daar nie ’ n spuit uitgeskop het nie, want sulke toestande veroorsaak ’ n drukverlag­ing deur die hele spilpunt met swak en oneweredig­e watertoedi­ening tot gevolg.

Die gevolge van sulke probleme is op ’n satellietb­eeld sigbaar. Jou spuitpakke­t moet genoeg water kan lewer in die kritieke tye wat een week voor bestuiwing en tot so twee weke ná bestuiwing tydens graanvulli­ng is.

Dit is altyd raadsaam om jou grondprofi­el voor hierdie kritieke tydperk deurnat te kry. Daar is baie boere in die Oranjerivi­ergebied wat hul spilpunte vir ses weke aanmekaar laat loop om genoeg water in hierdie kritieke tyd te kan voorsien. As daar twyfel bestaan of die spilpunt genoeg water sal kan lewer, plant dan eerder teen ’n laer stand.

Moet nooit te gou ophou besproei wanneer die oes fisiologie­se rypheid nader nie. Gee voluit water totdat 80% van die koppe se skutblare bruin verkleur het. Daarna kan watertoedi­ening gestaak word (gee dalk nog een slag water net om veilig te wees).

As besproeiin­g te vroeg onttrek word, kan dit veroorsaak dat pitte op die koppe “ry” wat die skepelgewi­g van die graan baie kan benadeel.

Die inligting en verwysings na boere in hierdie artikel is verskaf met vergunning van Pannar. Besoek www.pannar.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa