Landbouweekblad

Gooi wal teen dié swam by sojabone

-

DSclerotin­ia sclerotiur­um wat wits kimmel by s oj abone veroors aak, kan maklik die helfte van die opbrengs vernietig. Dit i s moeilik om die siekte te bekamp en as ’ n boer nie voorkomend werk nie, kan geen nasorgmaat­r eël s di e s i ekte bekamp nie. Wanneer die eerste simptome waargeneem word, is die koeël deur die kerk.

In die praktyk pas boere hul bestuur vir die verbouing van sojabone aan om die maksimum opbrengs te realiseer en dit is gunstig vir die ontwikkeli­ng van witskimmel. Langdurige nat, vogtige en koel toestande (18 °C tot 24 °C) net vóór of gedurende die blomstadiu­m, is ideaal vir besmetting. Die siekte kom ook voor waar vog weens aanhoudend­e besproeiin­g versamel.

Matige temperatur­e saam met nat blomme en ’n nat grondopper­vlak is gunstig vir die voorkoms van hierdie siekte. Sklerotini­aspore ontkiem in water op die blomblare van waar dit die res van die plant besmet. Gevolglik is dit belangrik dat besproeiin­g gedurende die blomtydper­k van sojabone sover moontlik vermy moet word.

Om vogstremmi­ng gedurende dié tydperk te beperk, moet die grondprofi­el net voor blom goed natgemaak word sodat daar genoeg vog beskikbaar is vir ten minste twee weke.

Daar is geregistre­erde swamdoders vir die bestryding van sklerotini­a en dit moet tydens die verskyning van die eerste blomme toegedien word. Die swamdoders moet saam met ’n groot volume water toegedien word sodat alle blompakkie­s goed bedek word.

SIMPTOME

Die eerste aanduiding­s dat sojaplante met sklerotini­a besmet is, is dat dit skielik begin verwelk. Die blare en stam word ’n vaal, ligbruin kleur. Dooie plante is duidelik sigbaar tussen die gesonde plante aangesien die blare nie dadelik afval nie.

Die dooie plant is gewoonlik sigbaar vanaf twee tot drie weke nadat eerste blomme waargeneem is. Die stam van besmette plante is bedek met ’n digte wit swamgroei wat dan later ontwikkel in die harde, swart oorlewings­trukture (sclerotia) wat aan die binne en buitekant van stam en peule kan ontwikkel.

Die omvang van die skade word bepaal deur die hoeveelhei­d plante wat beskadig is en die tyd van besmetting. Plante wat laat in die groeityd besmet is, kan nog peule dra.

DIE SIEKTESIKL­US

Die swart sclerotia wat ’n mens sien, dien as die oorlewings­trukture van die swam. Gedurende die strooppros­es word die sclerotia op die grondopper­vlak versprei. As die sclerotia onder die grond ingewerk word, verleng dit die oorlewings­vermoë van die sclerotia.

Sclerotia wat boop die grond of tot ’n diepte van 5 cm onder

Een van die grootste risiko’s in besproeiin­g van sojabone is die voorkoms van die gevreesde siekte witskimmel. Wanneer die eerste simptome van sklerotini­a waargeneem word, is die koeël deur die kerk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa