Landbouweekblad

Produsente­pryse vir melk styg en styg . . .

-

DIE

produsente­pryse vir onverwerkt­e melk en melkproduk­te het die laaste sowat drie jaar volgens indekse van Statistiek­e SA meer as enige ander landbou- of voedselpro­dukte s’n gestyg.

Vanaf Januarie 2012 tot Desember verlede jaar het die pryse wat melkboere gekry het, met 35,2% gestyg. Melkverwer­kers se pryse het met 32,9% gestyg, lui ’n verslag deur die SA Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro). TABEL 1 wys die veranderin­gs van pryse vergeleke met ander produkte en TABEL 2 die prysstygin­gs sedert 2007 in groter kategorieë.

Vanaf Desember 2013 t ot Desember 2014 het melkboere se pryse volgens Statistiek­e SA met 13,5% gestyg en verwerkers s’n met 11,7%.

Dr. Koos Coetzee, hoofekonoo­m van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), sê prysindeks­e gee weens die gebruik van ’n basisjaar soms ’n skewe beeld.

“Met die kies van ’n basisjaar sê jy eintlik dat die twee pryse in daardie stadium in die regte verhouding was. Anders as kleinhande­lpryse sal produsente­pryse by tye redelik skerp daal.

“Met melkboere se pryse het dit byvoorbeel­d vanaf Julie 2010 gebeur en pryse het eers in November 2011 weer die vorige vlak bereik.

“As ’ n mens bloot prysverand­ering i n produsente- en kleinhande­lpryse oor arbitrêre periodes vergelyk, ignoreer jy die afwaartse fases in produsente­pryse.”

Coetzee sê ’n ander probleem met Statistiek­e SA se prysindeks vir onverwerkt­e melk is dat dit ongeweeg is.

“’ n Prysverhog­ing deur een van die kleiner melkkopers weeg net soveel as een van ’n groot koper.” Hy sê TABEL 3 toon die werklike veranderin­g in produsente- en kleinhande­lpryse.

– CARIEN KRUGER

‘Coetzee sê ’n ander probleem met Statistiek­e SA se prysindeks vir onverwerkt­e melk is dat dit ongeweeg is.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa