Landbouweekblad

BRAFORDTEL­ERS HOU WÊRELDKONG­RES IN SA

-

’N WÊRELDKONG­RES word van 15 tot 18 Maart deur SA Braford in Pretoria gehou. Me. Charlotte Schuite, voorsitter van SA Braford en van die internasio­nale Braford-konfederas­ie, sê dit is ’n belangrike geleenthei­d om die ras plaaslik en in ander Afrikaland­e te bevorder. Afgevaardi­gdes van ál sewe lidlande gaan die kongres bywoon, naamlik Paraguay, Uruguay, Brasilië, Argentinië, Colombia, Australië en Suid-Afrika (wat ook Namibië en Mauritius se lede insluit). Verteenwoo­rdigers van die Suider-Afrikaanse Ontwik- kelingsgem­eenskap (SAOG) is ook genooi.

Die openingson­thaal is op 15 Maart. Dit word gevolg deur twee dae se lesings deur plaaslike en internasio­nale kenners. Van die plaaslike sprekers is dr. Michael Bradfield (Breedplan), prof. Este van Marle Koster (Universite­it van Pretoria) en mnr. Louis van der Watt (uitvoerend­e hoof van die Atterbury- groep). Van die internasio­nale sprekers is dr. Fernando Cardoso en mnr. Fernando Lopa van Brasilië, mnr. Eduardo Martinez Ferrario van Argentinië en mnr. Stephan Lill van Australië.

Smiddae word praktiese sessies aangebied, waaronder by die Universite­it van Pretoria se Onderstepo­ort- kampus en die Ferpa-voerkraal by Cullinan.

Schuite sê die jeug is aktief by die kongres betrek. Braford SA het ’ n opstelkomp­etisie saam met die Landbounav­orsingsraa­d aangebied waaraan studente van universite­ite en landboukol­leges kon deelneem.

Die wenner – wat op die kongres bekend gemaak word – ont- vang ’ n werksvakan­sie op ’n plaas in Suid-Amerika. ’n Junior afslaersko­mpetisie word ook gehou.

Jeugdiges van Suid- Amerikaans­e lande kon aan ’ n fotowedstr­yd deelneem. Die wenner woon die kongres gratis by.

Sowat 100- 120 mense word daagliks by die kongres verwag, wat twintig buitelande­rs insluit. ’n Nasionale veiling word vir die eerste keer gehou. Daar is ook ’n toer voor die kongres na boerderye by Frankfort, Rosendal en Ladysmith.

Suid-Afrika het 33 Braford-telers met sowat 7 500 beeste wat op die Breedplan-stelsel geregistre­er is. Ongeveer vierhonder­d beesboere koop bulle by hierdie lede. – CHARL VAN ROOYEN

BESPREKING­S: Op die webblad www.stockmansc­hool.co.za of by Charmaine Alberts, tel. 051 8211783 of e-pos palberts@telkomsa.net.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa