Landbouweekblad

Bewaringsk­onferensie in Noordwes binnekort die tweede keer aangebied

-

OTTOSDAL se tweede jaarlikse bewaringsl­andbou-konferensi­e, wat op 11 en 12 Maart gehou word, beloof twee dae propvol nuttige en belangrike inligting vir saaiboere.

Onder die sprekers op die Woensdag se program is mnr. Cobus Burger van die onafhankli­ke adviesdien­s SGS NviroCrop, wat oor grondgeson­dheid sal praat, twee kenners wat die gedrag en beheer van nagmuise sal bespreek, en mnr. Tony da Costa, bekende bewaringsb­oer van die plaas Manjoh Ranch by Nigel.

Dr. Ernst Janovsky van Absa sal sy menings oor die toekoms van die landbou in die volgende vyf tot tien jaar gee, en dr. André Nel sal die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se jongste resultate van sy proewe by Ottosdal bespreek. Die proefperse­le sal die middag besoek word.

Boere-sprekers op Donderdag se program is mnre. Gert van Aarde, Willem Grobler, Naas Britz en Gert van Rensburg, almal van Noordwes. Mnr. Kallie van der Merwe, ’n onkruidbeh­eerkenner en ook ’n boer, sal oor chemiese onkruidbeh­eer in bewaringsl­andbou praat, en mnr. Wessel van Wyk, sojaboon-konsultant vir die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS), oor hoe sukses met dié gewas al in planttyd bepaal word.

Van regeringsk­ant sal mnr. Klaas Mampholo van die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye oor belangrike aksies op nasionale vlak praat. ’n Argentynse afgevaardi­gde sal oor bewaringsl­andbou in dié land praat.

Die konferensi­e sal Donderdagm­iddag met ’n paneelbesp­reking afsluit.

Ottosdal se geenbewerk­ingklub bied die konferensi­e met die hulp van Graan SA en die Mielietrus­t aan. Landbouwee­kblad is ook as ’n mediaborg betrokke, en sal vanjaar weer ’n prys vir die beste spreker borg. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa