Landbouweekblad

PRYSE WISSELVALL­IG OP EERSTE BOKHAARVEI­LING

-

DIE

eerste veiling van die somerverko­opseisoen op 17 Februarie in Port Elizabeth is gekenmerk deur uiteenlope­nde prysbewegi­ng vir die verskillen­de hooftipes. Kleinbokki­ehaar se prys het met 4,5% teruggesak, terwyl sterk grootbokha­ar met 4,8% verbeter het en die prys van fyn grootbokha­ar 1,6% duurder was.

Die markaanwys­er het met 4% gestyg tot R195,70/kg – 48% hoër as op die ooreenstem­mende veiling ’n jaar gelede.

CMW skryf die daling van die prys van kleinbokki­ehaar toe aan die skerp daling van die euro teenoor die meeste ander geldeenhed­e. Die gehalte daarvan was boonop nie so goed as die haar wat later die seisoen verwag word nie. Die hoogste prys van R423/kg is betaal vir ’n baal EGT-getoetste Pure Cape van 26 mikron uit CMW se saamverpak­kingsafdel­ing.

Die omset op die veiling was nagenoeg R13,7 miljoen. Die volgende veiling is op 10 Maart. SA ’ n fokuspunt. “Ons verloor tonne produksie aan steenkoolm­yne in Mpumalanga. Ons sal produksie uit die Oos-Kaap moet kry (waar nog potensiaal vir verhoogde graanprodu­ksie is) om hiervoor op te maak.

“As ons nie oor vyf jaar ’n miljoen ton mielies in die Oos-Kaap geprodusee­r kry nie, gaan ons dalk nie genoeg kos vir ons land se mense hê nie.

“Dan gaan Julius Malema en sy mense oor ander goed in die strate begin dans as waaroor hulle nou in die Parlement dans.”

De Villiers het ’ n beroep op boere gedoen om nie emosioneel en ongeduldig t e r aak wanneer daar in die beoogde g r o n d - d i s t r i k s k o mit e e s o o r grondhervo­rming onderhande­l gaan word nie.

Dié komitees sal daarop gemik wees om in elke distrik grond vir hervorming te identifise­er, in pas met die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan se voorstelle hieroor.

“Hou ordentlike notules en skryf notas van elke vergaderin­g. Moenie baklei nie . . . ter wille van ons land en ons kinders.”

– MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa