Landbouweekblad

Word ’n ‘vleismeest­er’

-

NET omdat iemand ’n rooivleisb­oer is, beteken dit nie hy/sy weet alles van vleis af nie. Daarom gaan boere wat vanjaar die Vleisbeess­kool op Aldam bywoon, ’n kursus doen waar hulle meer van die fynere puntjies van vleis geleer word.

Die reëlings vorder fluks vir vanjaar se Vleisbeess­kool op Aldam in die Vrystaat wat vanaf 14 tot 16 Oktober deur Landbouwee­kblad, Breedplan en die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie aangebied word. Die tema is ‘Vleis en Reproduksi­e’.

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, sê ’n meester-vleisproek­ursus vir die mense op die vleisbeess­kool gaan onder leiding van dr. Phillip Strydom, navorsings­panbestuur­der oor vleiskunde by die Landbounav­orsingsraa­d, by Sparta se vleisverwe­rkingsaanl­eg op Kroonstad aangebied word.

Bradfield sê die vleisproek­ursus sal soos ’n wynproekur­sus aangebied word. Ná die kursus gaan almal eksamen skryf en diegene wat slaag, ontvang ’n spesiale baadjie en sal hom-/haarself ’n “meester” in vleisproe kan noem. “Produsente in ander bedrywe, soos die wynbedryf, verstaan hul produk, maar min boere kan werklik die verskil tussen voerkraal- en veldvleis proe, bepaal of vleis sag of taai is en weet vleis moet eers rus nadat dit gaar gemaak is.”

Verskeie simposiums word tydens die skool aangebied, waaronder ’n simposium vir stoetteler­s onder leiding van die sprekers. Boere sal, soos altyd, kan kies watter lesings hulle wil bywoon, onder meer voeding, teling, bul- en koeiseleks­ie, weidingbes­tuur, dieregeson­dheid, ekonomiese beginsels van beesboerde­ry en hoe om krale vir maklike beheer op te stel.

Voorste internasio­nale sprekers van Amerika en Australië is genooi. “Ons leef in ’n wêreldmark en moet met die res van die wêreld kan meeding. Dit is belangrik dat kommersiël­e en stoetboere die basiese beginsels van vleisbeesp­roduksie moet verstaan om te sorg dat hulle in die toekoms mededingen­d kan bly. Daarom is dit belangrik om die vleisbeess­kool by te woon,” sê hy.

– CHARL VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa