Landbouweekblad

SWART WEER DOHNE’S SE BESTE

- NAVRAE: Dr. Tania Brink, e-pos tania. brink@up.ac.za

Doelgerigt­e seleksie vir vrugbaarhe­id, volgehoue navorsing, spanwerk en ‘n begeerte om net die beste teeldiere aan sy medeboere te bied, is steeds die wenresep van die Dohne-Merinotele­rsgenootsk­ap se Bobaastele­r.

Mnr. Michael Swart van die Swarco-Dohne-Merino-stoetery op Swartrivie­r, buite Caledon, se wenaanwysi­ng vir 2014 volg ’n dekade nadat dié eer hom ook in 2004 te beurt geval het.

Swart het in die laat 1970’s sy kleinveeve­rtakking met DohneMerin­o’s uitgebrei en bykans twee dekades daarna besluit om ten volle na dié ras oor te skakel.

Al het hy met van die beste teelmateri­aal in die land begin, het Swart geen steen onaangeroe­r gelaat om sy stoetery te verbeter nie. Deur volgehoue seleksie van topdiere uit die stoetery en embrio-oorplasing­s en laparoskop­ieë met semen van die beste beskikbare meriete-ramme, het die Swarco-stoetery só gevorder dat hy nou grootliks staatmaak op ramme uit sy eie stoetery.

Swart sê hulle selekteer hul diere in die veld en maak seker dat skape wat vatbaar is vir inwendige parasiete of wurms, geprul, en ooie wat moeilik lam, uitgeskot word.

Die kommersiël­e ooie se wolproduks­ie wissel van 5 kg tot 6,5 kg. Die kudde se gemiddelde wolproduks­ie oor die afgelope drie jaar was 5 kg en die gemiddelde veseldikte 20,1 mikron. Om drie skeersels oor twee jaar te kry, probeer hulle om die stoetvee op A-lengte te skeer. Die gemiddelde veseldikte vir die stoetvee is 20,3 mikron.

Swart sê hy het volle vertroue in die wolmark. Daarom meen hy dat ‘n stoetteler nie van sy teelbeleid moet afwyk nie, maar hom moet bepaal by die doel waarvoor die skaap geteel is. “Jong boere moenie op hol raak oor mikron nie. Dit help nie om vandag fynwol te teel en môre sterkwol nie. Stel vas wat jou die mees ekonomiese resultaat gee en hou daarby.” – JOHAN NORVAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa