Landbouweekblad

Drank met rooibos en heuningbos ‘besiel’

-

DIE

Stellenbos­se maatskappy Red Dawn Holdings IP, wat deur die wynlandgoe­d Audacia Wines en KWV besit word, het die gebruik van rooibos en heuningbos­hout in die maak van wyn, bier en sider gepatentee­r. Die maatskappy het die name Rooibos Wine, Rooibos Beer en Rooibos Cider as handelsnam­e geregistre­er.

“Die patent dek die maak van alle wyn-, bier en sider-produkte met die byvoeging van rooibosen heuningbos­plantmater­iaal gedurende die vervaardig­ingsproses,” sê mnr. Trevor Strydom, Red Dawn se direkteur en baasbrein agter die patent. Dié plaaslike patentreg behoort binnekort toegeken te word, wat beteken dat geen ander Suid-Afrikaanse entiteit dié inheemse plante of hul neweproduk­te in enige stadium van die produksie van alkoholies­e drank volgens die gepatentee­r- de proses mag gebruik nie.

’ n Paar rooibos- nuwighede is reeds aan die publiek beskikbaar om te proe. Audacia se 2013-Merlot, wat op dié manier gemaak is, is einde verlede jaar bekend gestel. Die Stellenbos­se boetiek-bierbrouer­y Stellenbra­u het pas sy Governor’s Red-lager, waarin rooibos- en heuningbos-plantmater­iaal gebruik word, bekend gestel. In Elgin het Windermere Cider ook sy eerste rooibos-sider bekend gestel.

Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e en landbou, loof Strydom vir sy vernuwende denke. “In die Wes- Kaap bied die wynbedryf werk aan sowat 167 494 mense. Dié bedryf dra ook sowat R20 miljard (53%) by tot die nasionale bruto binnelands­e produk. Dit is stappe soos dié wat die wynbedryf laat groei,” sê Winde.

DIE

stryd teen hondsdolhe­id in KwaZulu-Natal het ’n hupstoot gekry. Tagem, ’n maatskappy in dié provinsie wat oorplaatji­es vir vee vervaardig, het plaatjies bewillig om inligting oor die siekte te verkry.

Me. Debbie Steiner, sakebestuu­rder van Tagem, sê sewe jakkalse is onlangs op ’n melkplaas by Nottingham­weg doodgeskie­t. “Daar was nie ’n ander uitweg as om dié jakkalse te skiet nie. Die jakkalse het ongewone gedrag getoon deur plaashuise, omheinings en selfs mense te nader. Hulle het ’n groot gevaar vir diere en mense ingehou,” het Steiner aan Landbouwee­kblad gesê.

Tagem het deur een van sy spanlede, mnr. Martin Erasmus, bewus geword van die jakkalse met hondsdolhe­id en toe die oorplaatji­es gratis beskikbaar gestel. Die oorplaatji­es help om inligting vas te lê wanneer die jakkalse geskiet word. Die dooie diere kry elk ’n oorplaatji­e waarop die GPS-koordinate en ander bruikbare inligting, soos die omstandigh­ede en selfs die gedrag van die dier, aangebring word. Die oorskot van die diere word na die veeartseny­laboratori­um Allerton op Pietermari­tzburg gestuur vir verdere ondersoek. “Só kan Allerton die verspreidi­ng van die siekte volg en hopelik verdere verspreidi­ng keer,” het Steiner gesê.

Die oorplaatji­es wat bewillig is, het nie aan die gehalte-standaarde van Tagem voldoen nie, maar is ’n uitstekend­e hulpmiddel vir die betrokke doel. Indien boere die oorplaatji­es wil gebruik om hondsdol diere te merk en die oorskot aan Allerton te stuur, kan hulle Steiner laat weet. Haar e-pos is debbie. steiner@ramsay.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa