Landbouweekblad

WIPPLANKRY­ERY OOR ONSEKERHEI­D

- Www.bvgcompeti­tion.net

DIE

Oesskattin­gskomitee sou op 26 Februarie (voor spertyd) sy eerste skatting vir vanjaar bekend maak. ’n Lae oesskattin­g kan dui op ’n tekort aan mielies vir binnelands­e gebruik en dit sal beteken dat Suid-Afrika mielies sal moet invoer. Die droogte het in die sewe dae tot 23 Februarie voortgeduu­r. ’n Groot deel van die land se mielies het skade opgedoen. BVG het verwag die oes gaan nie groter as 9 miljoen ton wees nie.

Al die bespiegeli­ng oor die grootte van die oes lei tot groot onsekerhei­d in die mark en dra ook by tot die wisselvall­igheid in die mielieprys. Die meeste mielies is reeds verby saadbestui- wing en is in die pitvorming­stadium. In dié st adium het die mielies heelwat vog nodig en as gevolg van die droogte gaan pitvorming swak wees. Dit gaan lei tot swakker opbrengste.

Die nat voorseisoe­n het in sekere gebiede daartoe gelei dat mielies op die oog af goed lyk, maar die midsomerdr­oogte het veroorsaak dat die mooi mielies se kopvorming baie swak was.

Nat weer het teen 23 Februarie oor ’n deel van die mieliegebi­ed beweeg en sommige plekke het goeie reën gehad.

BVG meen egter dat die reën te laat is vir sommige boere in die westelike deel se oes. In die komende week lyk die kans be-

Skryf in vir BVG en verskans. Dis gratis en baie leersaam. Besoek om in te skryf.

ter vir reën.

Die invoerpari­teitsprys van geel mielies (Pietermari­tzburg) is volgens BVG se berekening­e in die omgewing van R2 600/ton.

Geel mielies was teen 23 Februarie goedkoper.

Die oordragvoo­rraad van wit mielies gaan na verwagting­e laag wees. Dit behoort daartoe te lei dat wit mielies teen duurder as geel mielies sal verhandel. Wit mielies kos nou R289/ton meer as geel mielies.

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van mielies het met 0,2%, oftewel $0,28/t (R3,26/t), gestyg tot $152,51/t (R1 776/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 13,9%, oftewel $24,57/t (R286,19/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,1%, oftewel R58/t, gedaal tot R2 695/t. Geel mielies het met 1,2%, oftewel R28/t, gestyg tot R2 408/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 15,3%, oftewel R487/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 27,6%, oftewel R917/t, laer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 1%, oftewel R54/t, gestyg tot R5 245/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 8,5%, oftewel R485/t, laer. Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad het teen $440/t (R5 125/t) onverander­d verhandel. Op ’n jaargronds­lag is dit 10,8%, oftewel $53/t (R617,34/t), laer. Die internasio­nale prys van vismeel het met 1,2%, oftewel $20/t (R232,96/t), gedaal tot $1 700/t (R19 802/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 5,6%, oftewel $90/t (R1 048,32/t), hoër. Die internasio­nale prys van grondbone het teen $1 350/t (R15 725/t) onverander­d verhandel. Op ’n jaargronds­lag is dit 2,3%, oftewel $30/t (R349,44/t), laer. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 2,4%, oftewel $8,66/t (R100,87/t), gestyg tot $367,42/t (R4 280/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 25,9%, oftewel $128,47/t (R1 496/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir sojabone het met 0,9%, oftewel R45/t, gedaal tot R5 205/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 20,7%, oftewel R1 355/t, laer. Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 20/2/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa