Landbouweekblad

WOL BYNA 2% GOEDKOPER AS VORIGE SEISOEN

-

Die wolmark het op 17 Februarie weer versterk teenoor die vorige week se veiling. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,7% gestyg en op R112,06/kg (skoonwol) gesluit. Dit is 0,4% hoër as op die openingsve­iling en 1,9% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen. Op die Australies­e mark het die aanwyser met 1,5% gedaal. Cape Wools se aanwyser vir alle wol het met 1% gestyg.

Plaaslike handelaars meen die goeie fynwol wat aangebied is, het wolpryse op die onlangse veiling ondersteun. Daar was stewige kompetisie vir goeie wol, veral van 20 tot 22 mikron weens ’n tekort daaraan op die dag van die veiling. Die rand was sowat 0,2% sterker teenoor die Amerikaans­e dollar (R11,70) vergeleke met die vorige week se veiling en sowat 0,1% sterker teenoor die euro (R13,32). ’n Verkoopspe­rsentasie van 97 is behaal van die 8 121 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (3 033) en Standard Wool SA (1 659). Die gemiddelde skoonwolpr­yse vir goeie, lang kamwoltipe­s (MF5) was soos volg: 18 mikron daal met 0,2% tot R120,62/kg, 18,5 mikron versterk met 0,2% tot R121,41/kg, 19 mikron versterk met 0,6% tot R115,74/kg, 19,5 mikron versterk met 1,1% tot R113,53/kg, 20 mikron styg met 1,1% en sluit op R110,28/ kg, 20,5 mikron styg met 1,5% en sluit op R110,72/ kg, 21 mikron verswak met 0,4% en sluit op R107,38/ kg, 21,5 mikron versterk met 1,5% en sluit op R108,02/kg en 22 mikron styg met 2,0% tot R107,65/kg. Sowat 5 900 bale is op die veiling van 25 Februarie aangebied.

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van koring het met 1%, oftewel $1,86/t (R21,76/t), gestyg tot $195,24/t (R2 274/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 12,8%, oftewel $28,54/t (R332,43/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir koring het met 1,5%, oftewel R60/t, gedaal tot R3 820/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 1,3%, oftewel R50/t, laer. Die Safex-prys vir sorghum het met 6,9%, oftewel R156/t, gestyg tot R2 41 1/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 30,7%, oftewel R1 069/t, laer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa