2015-begroting: Wat die boer móét weet
WEENS die volgehoue onderbesteding van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery is sy begroting met R158 miljoen besnoei. Dié verlaging, wat op mediumtermyn sal voortduur, het meestal betrekking op die vergoeding van werkers, goedere en dienste én die voorwaardelike toekenning aan provinsies.
Dit is deel van die Kabinet se goedgekeurde begrotingsverlagings vir departemente wat in opeenvolgende jare hul begrotings onderbestee.
Die besnoeiing sal egter ook ’ n impak hê die verhoging van voedselsekerheid, die skep van behoorlike werkgeleenthede en die verhoging van die landbou-, bosbou-, en visseryesektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP).
Die departement dui in die bestedingsberamings van die Nasionale Tesourie aan dat hy met ’n strategie begin het om kritieke, vakante diensleweringsposte tot die einde van die 2017/’18-boekjaar te vul om die impak van die besnoeiings te versag.
Hy wil voedselsekerheid bevorder deur voedselprodusente te on- dersteun met produksiemiddele. Hy wil ook besproeiingskemas bou en herstel.
Altesame R835 miljoen is vir die Fetsa Tlala- voedselprojek begroot. Hy beoog verder om teen 2017/’18 alteame 375 000 hektaar meer grond onder produksie met dié projek te bring.
Die R1,5 miljard vir Ilima/Letsema sal ook op mediumtermyn beskikbaar gestel word om via Fetsa Tlala ondersteuning aan swart boere te bied. Groter klem word ook op voorligtingbeamptes en finansiële ondersteuning vir kleinboere geplaas met die geprojekteerde R7 miljard wat aan provinsies op mediumtermyn bewillig gaan word.
Die Landbounavorsingsraad kr y R2,5 miljard, i nsluitend R170 miljoen vir die opgradering van die geriewe vir die vervaardiging van bek-en-klouseer-entstof.
Die Landboubemarkingsraad kry R34,6 miljoen, Ncera Farms R3,8 miljoen, Onderstepoort Bi ol o g i e s e p r o d u k t e ( OB P ) R268,4 miljoen en die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) kry R600 000. – JOYLENE VAN WYK DEURLOPENDE gesprekke tussen die wynbedryf en die Regering het dividende opgelewer toe die Minister van Finansies, mnr. Nhlanhla Nene, die laagste verhoging in aksyns vir brandewyn in meer as tien jaar aangekondig het.
Die Regering het ook aangedui hy ondersoek aksynsverl i gting op vonkelwyn. Nene het aksynsverhogings van 7% op natuurlike wyn, 7% op vonkelwyn en 8,5% op brandewyn aangekondig.
Verlede jaar was die verhoging vir brandewyn 12%.
Dit beteken jy gaan 15c meer betaal vir ’ n bottel wyn en die prys van vonkelwyn styg met 48c. ’ n Bottel brandewyn sal jou R3,77 meer uit die sak jaag.
Die plaaslike wyn- en brandewynbedryf het dié nuus verwelkom en meen dit toon gro- ter begrip van regeringskant vir die bedryf se unieke probleme. Dié bedryf verskaf werk aan sowat 300 000 mense, het mnr. Rico Basson, besturende direkteur van VinPro, gesê. VinPro verteenwoordig sowat 3 500 wynboere en kelders. Mnr. Paiter Botha, bestuurder van finansies by VinPro, het gesê “hulle is besig om die brandewynbedryf dood te maak”. In 2008 het Suid- Afrika sowat 47 miljoen liter brandewyn geproduseer t eenoor net 29 miljoen liter tans. “Dis weens ’ n samestelling van die prys wat wesenlik moes opg aan as gevolg van aksynsverhogings en beter bemarking van mededingende produkte, soos whiskey en vodka.”
GERUGTE BRIEK PRYSE
Intussen het die beter weervooruitsigte, gerugte van invoertransaksies en winsneming die SuidAfrikaanse mieliemark effens in die bek geruk. Die pryse van wit sowel as geel mielies het vanaf