Kleurvariante: Telers en bewaarders pak mekaar
“DIE lawaai oor sekere wildboerderypraktyke wat sommige meen ’n nadelige invloed op bewaring het, kom hoofsaaklik van individue met ’n vreemde selfverheerlikte motivering wat duidelik nie ingelig is oor die ware stand van sake in die wilbedryf in Suider-Afrika nie,” sê dr. Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA (WRSA).
In ’ n sterk bewoorde verklaring sê hy die “ongekende, intensiewe en volgehoue aanvalle” op die wildbedryf word deur ’n paar waningeligte mense gedoen. “Lasterlike en ongegronde beskuldigings word byvoorbeeld gemaak dat wildboere groeiversnellers gebruik. Ek het dié onetiese praktyk – wat deur die WRSA se gedragskode veroordeel word – nog nóóit op wildplase teëgekom nie.”
Oberem sê die teel van diere vir langer horings kom wel voor, maar dit is ’n praktyk wat wetenskaplik toegepas word en is deel van ’n breër seleksieproses vir gesondheid en produksie.
KLEURVARIANTE
Met verwysing na die teel van wild met uitsonderlike kleure sê hy dat diegene wat so daarteen gekant is, nie genetika, evolusie of die moontlike uitwerking wat klimaatsverandering op die biome in Suid-Afrika het, in ag neem nie. “Jy hoef maar net om jou te kyk om die vele natuurlike kleur- en ander verskille by insekte, voëls, soogdiere, plante en selfs menslike bevolkings raak te sien. Duisende toeriste stroom jaarliks na Suid-Afrika en bestee baie geld om die Timbavati-witleeu, die koningjagluiperd of die geel rooiborslaksman by Nylsvley te sien. Hoekom dan die oordrewe teenkanting teen ’n wildsbok met ’n ander kleur?”
Oberem het kl aa r bl y kl i k verwys na ’ n verklaring wat