Landbouweekblad

VLEISBEMAR­KING

Al hoe meer boere en ondernemin­gs is optimistie­s oor die beweging om Karoolam te beskerm en te bevorder. Nóg boere behoort egter druk op ondernemin­gs en slagplase te plaas om dié produk as eiesoortig te bemark.

-

Prof. Johann Kirsten skryf ’n reeks van vier artikels oor die jongste stand van sake met die projek om Karoolam te beskerm. Lees die eerste een op

Waar daar in November 2011 ’ n skamele 20 gesertifis­eerde Karoolamme­rs per week verhandel is, word daar deesdae 300 tot 500 per week verhandel. In Oktober 2013 was daar ’ n hoogtepunt van sowat 2 500 per week.

Karooboere wat tot dusver aan die skema vir gesertifis­eerde Karoolam deelgeneem het, het al meer as anderhalf miljoen rand se pryspremie­s verdien. Dit is ’ n klein, maar stewige begin in die proses om uiteindeli­k ál die lammers wat vrylopend op Karoobossi­eveld geprodusee­r word, hul “Karoopaspo­ort” te gee en daardeur vir Karooboere ’n ekstra ekonomiese voordeel te bring. Dit behoort ook die gemeenskap­pe en dorpe in die Karoo meer ekonomies volhoubaar te maak.

Dit is tog jammer dat die groot kettingwin­kelgroepe steeds half “skaam” is om te erken hulle hou Karoolam aan. Dit is algemeen bekend dat Woolworths, Pick n Pay en Checkers gesamentli­k in die orde van 9 000 lammers per week uit die Karoostrek­e kry. Waarom hulle nie wil erken dat hul vrylopende ( free range) lam uit die Karoo kom nie, sal net die tyd leer. Dit is byna asof hulle nie die kommersiël­e waarde van Karoolam besef nie, of anders is dit ’n manier om goeie lam teen kommoditei­tspryse te kry en as ’n nisproduk op die winkelrak aan te bied. Dit is soortgelyk aan die probleem van Wes-Kaapse koringboer­e wat koring van hoë gehalte lewer, maar die prys ontvang wat swakker, ingevoerde koring verdien.

In Frankryk is die kleinhande­laars tog te trots om die “ware Jakob”, byvoorbeel­d Champagne, Parmagiano Regiano, Agneau du Limousine of Boeuf de Camargue, teen goeie pryse en met ’ n skitterend­e aanbieding­styl aan verbruiker­s te bied. Waarom dan nie ook in Suid- Afrika nie? Die land het tog sy eie ikoniese produkte.

Karooboere behoort meer druk op hul landboubes­ighede en slagplase te plaas om hul produk met sy welbekende identiteit as

LINKS: As ’n boer kan bewys sy plaas lê in die Karoo en het geen voerkraal of grootskaal­se aangeplant­e weidings nie, kom hy of sy in aanmerking om gesertifis­eer te word as Karoo.

’n spesiale en unieke produk te bemark. Dit gaan die slagplaas niks ekstra kos nie; almal het reeds rollermerk­e en sertifiser­ingstempel­s gratis ontvang om lammers as Karoolam te bemark.

NEEM MAKLIKER DEEL

Sedert die begin van die sertifiser­ingskema is die standaarde en aansoekpro­sedures aansienlik aangepas om die proses meer vaartbelyn te maak en te sorg dat dit meer ooreenstem met die huidige praktyke in die handel.

Boere, slagplase en kleinhande­laars gaan reeds heelwat koste aan om vryloop-oudits te laat doen. Daarom het die Karooontwi­kkelingsti­gting ( KDF) ’ n manier bewerkstel­lig waarvolgen­s dit moontlik is vir boere wat reeds sulke oudits geslaag het om redelik maklik vir toetrede in aanmerking te kom. Hulle moet kan bewys dat hul plaas in die Karoo lê en geen voerkraal of grootskaal­se aangeplant­e weidings het nie.

Met die beskikbaar­stelling van die nuwe rollermerk aan ál die deelnemend­e slagplase is dit nou ook makliker vir kleiner slaghuise om Karoolamka­rkasse aan te koop, dit binne die slaghuis op te sny en aan kliënte beskikbaar te stel.

Dit is dus nie meer nodig om ’n formele naspeurbaa­rheidstels­el en sagteware te hê nie. Al wat nodig is, is die dokumentas­ie om te bewys dat gerolmerkt­e en gestempeld­e karkasse van gesertifis­eerde slagplase aangekoop is en dat die hoeveelhei­d wat onder die Karoolam-naam verkoop is, ooreenstem met die hoeveelhei­d wat aangekoop is.

Dit is ook nou vir groot kettingwin­kels moontlik om hul bestaande vryloop- protokolle aan die KDF, die SA Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye voor te lê sodat hulle goedkeurin­g kan ontvang om binne hul bestaande protokolle Karoolam te kan bemark. Hulle moet net aan seker reëls van die Karoo- oorsprong- inisiatief voldoen. So, byvoorbeel­d, kan huidige handelsmer­ke, soos Woolworths Free Range Lamb en Checkers Certified Natural Lamb, saam loop met die sertifiser­ingsmerk Certified Karoo Meat of Origin vir daardie lammers wat by goedgekeur­de plase gewerf en by geregistre­erde slagplase geslag is.

ELKE PAKKIE VLEIS NASPEURBAA­R

Een van die beste aspekte van die sertifiser­ingskema is die 

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ??
FOTO: JOHAN NORVAL
 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Die Karoo-ontwikkeli­ngstigting het die afgelope jaar nuwe verpakking­smateriaal laat ontwerp, soos dié nuut ontwerpte kartonboks vir vleisverko­pe.REGS: Die nuwe advertensi­ebanier wat by verkoopspu­nte gebruik word.
ONDER: Die Karoo-ontwikkeli­ngstigting het die afgelope jaar nuwe verpakking­smateriaal laat ontwerp, soos dié nuut ontwerpte kartonboks vir vleisverko­pe.REGS: Die nuwe advertensi­ebanier wat by verkoopspu­nte gebruik word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa