Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- SASOL SKIK

Die hofsaak van boere teen Sasol oor samespanni­ng in die kunsmismar­k, is geskik. Luidens ’n verklaring volg dié saak nadat die TLU SA se regspan in Mei 2012 namens verskeie boere ’n dagvaardin­g op Sasol (Chemical Industries Bpk.) beteken het vir moontlike skade wat voortsprui­t uit Sasol se skikking met die Mededingin­gstribunaa­l in Mei 2009. Die skikking is die grootste verbruiker­sregsaksie tot nog toe, wat kragtens die Wet op Mededingin­g, Wet 89 van 1998, ingestel is.

DIE GOOGLE-RANDE ROL

Google, die superfynwo­lram van mnre. Willem en Acton van Aardt van die fynwol-Merinostoe­tery Fairworld by Kookhuis, is teen R200 000 ver- koop. In 2011 het dié fynwolMeri­nostoetery ook ’n ram vir ’n rekordprys van R250 000 verkoop, in albei gevalle aan mnre. Kerneels Greyling en sy seun BP, van Wakkerstro­om. Die veilingsve­rslag is op bl. 109.

HANE VERBOU MEESTE

Frankryk is die Europese Unie (EU) se grootste landboupro­dusent, met produksie ter waarde van R937 miljard, gevolg deur Duitsland (R678 miljard), Italië (R638 miljard), Spanje (R545 miljard), Brittanje (R400 miljard) en Nederland (R355 miljard). Volgens Eurostat-data was Roemenië in die agtste plek met produksie ter waarde van R204 miljard. Dit is egter besonder laag as die grootte van dié land se landbougro­nd (13,3 miljoen ha) in ag geneem word. – Sofia News Agency

MUGABE ERKEN FOUT

Zimbabwe se grondhervo­rmingsbele­id was dalk ’n fout, sê pres. Robert Mugabe. Hy het in ’n onlangse onderhoud ter viering van sy 91ste verjaardag erken dat die plase wat uitgedeel is té groot is en dat die nuwe boere nie genoegsaam toegerus is om die plase te bestuur nie. Hoewel sommige boere ’n plan beraam het en dit aan wit boere onderverhu­ur het, het Mugabe dié boere gewaarsku dat hulle van hul plase ontneem sal word.

‘HERSIEN GM REËLS’

Die Europese regulasies ten opsigte van geneties gemodifise­erde (GM) gewasse moet hersien word, aldus die parlementê­re komitee vir wetenskap en tegnologie in Brittanje. Die komitee meen die regulasies verhinder dat voordelige gewasse verbou kan word. Die EU se regulasies aanvaar dat GM gewasse ’n groter risiko inhou as konvension­ele gewasse, ondanks al die wetenskapl­ike getuienis dat dit nié so is nie. – The Independen­t

ONDEURDAGT­E SYFERS

Volgens mnr. Fanie Brink, ’n onafhankli­ke landbou-ekonoom, is die statistiek wat mnr. Charl Senekal, die groot suikerboer, aangehaal het – dat 100 groot boere 70% van Suid-Afrika se kos produseer – foutief. Brink sê die enigste aanduiding van die totale bruto produksiew­aarde van voedselpro­dukte in Suid-Afrika word deur die Nasionale Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye gepublisee­r. Daarvolgen­s was die gemiddelde produksiew­aarde van alle voedsel- produkte oor die afgelope vier jaar R151 miljard, en 70% daarvan beloop R106 miljard. Indien 100 boere dus hierdie voedselpro­dukte sou produseer het, beteken dit elke boer het gemiddeld ’n produksiew­aarde van meer as R1 miljard geprodusee­r, waarvoor geen grondige bewyse bestaan nie.

MELKPRODUK­SIE BRUIS!

Melkproduk­sie in Januarie was 10,3% meer as ’n jaar gelede en kan toegeskryf word aan laer graanpryse, ’n effense verhoging in produsente­pryse, asook gunstiger produksiet­oestande, sê dr. Koos Coetzee, hoofekonoo­m van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO). Coetzee sê boere sal egter nie Januarie se hoë produksie kan handhaaf nie omdat die droogte in somerreëng­ebiede reeds oeste beskadig het. Op internasio­nale vlak het wêreldsuiw­elpryse in Desember begin styg weens laer as verwagte produksie in Nieu-Seeland.

LIG IN WAPAD DOOF UIT

Die sentrum vir trekdiere op die proefplaas van die Fort Hare-universite­it in Suid-Afrika sal einde Maart sy deure sluit nadat die Departemen­t van Landbou glo sy finansieri­ng onttrek het. Die sentrum, wat uniek in Suid-Afrika is, het belangrike werk verrig onder klein bestaansbo­ere wat dikwels nie toegang tot duur en tegnologie­s gevorderde masjinerie het nie, maar wél tot trekdiere.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa