BOERE SOEK DADE, NIE WOORDE NIE
’n Boerevriend uit Limpopo stuur my die ander dag ’n skreeusnaakse video wat hy beweer die grondkwessie mooi vasvat. Dit is ’n kort greep uit ’n sestigjarige Hollywood-rolprent. ’n Man lê en slaap in die bed, netjies in sy flenniepajamas en netjies geghriesde hare. ’n Aantreklike, blonde vrou met ’n verleidelike nightie kom nader gestap. Dan skielik, uit die bloute, gee sy die slapende man ’n taai klap deur die gesig. Die man skrik wakker, die pyn duidelik op sy gesig geëts, en kyk verward rond. Die vrou, sonder om te blik of te bloos, sak op die bed neer en begin die man liefkoos, terwyl sy heel onskuldig vra: “Liefie, het jy al weer ’n nagmerrie gehad?”
Nou ja, dit is seker ’n bietjie hoe boere deesdae moet voel. Hulle het nog lekker gelê en slaap toe hulle ’n taai klap kry met pres. Zuma se onstellende grondvoorstelle in sy staatsrede. Maar ’n paar weke later is mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, besig om hulle heuning om die mond te smeer op ’n grondhervorming-imbizo, en net laas week besing landbouminister Senzi Zokwana weer ons boere se lof op die Graan SA-kongres.
’n Mens moet seker daarteen waak om té sinies te raak oor ons politici se oggend- en aandpraatjies wat nie ooreenstem nie, want veral Zokwana bring al hoe meer sy kant. Sy persoonlike ingryping om besproeiingboere langs die Oranjerivier van beurtkrag te help verlos, is iets wat ons bitter lanklaas beleef het en wat al hoe meer herinner aan die parate optrede van ons beter landbouministers uit die verlede, soos wyle Hendrik Schoeman.
Want om die daad by woord te voeg, is die enigste manier hoe albei ons ministers – Gugile Nkwinti en Zokwana – dit gaan regkry om die vertrouensbreuk tussen die Regering en die landbou te herstel en ’n sinvolle werksverhouding te bou met die mense wat nie net die land moet voed nie, maar ook sentraal staan tot die meeste oplossings waarna landelike gemeenskappe smag.
Een van die dade wat die Regering maar gerus kan oorweeg, is om ’n bietjie geld agter sy praatjies met die kommersiële landbou te gooi. Goed, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se begroting is wel met R158 miljoen besnoei, maar die vet weet, die hoeveelheid geld wat steeds eenvoudig verkwis word, is om van siek te word. Ek noem dit weer – net in die Oos-Kaap is R200 miljoen geblaas op twee sukkelende teeplantasies, en ons kan net mooi niks daarvoor wys nie. Dit is mos eenvoudig onaanvaarbaar, veral noudat die Davis-belastingkommissie al hoe meer voorbrand maak dat persoonlike belasting nog verder verhoog moet word.
Suid-Afrika het sedert 2009 R3,5 miljard aan die herkapitalisering van 1 495 plase bestee, maar soek nou, in die woorde van Mdu Shabane, direkteur-generaal van Grondhervorming, ’n “algehele hersiening” van die program! Goeiste, ons kan mos nie so aangaan nie. Waar moet die geld vandaan kom?
So, my raad aan die ministers is eenvoudig: Voeg die daad by die woord, en gee die manne wie se lof julle so besing, die geld om die ding op te los en klaar te kry. Dit is die heel goedkoopste opsie.
eiendom weer reflekteer wat die gewone ou op straat kon bekostig en koop om in te woon. Die huurmark is immers beperk.
Dié sentimentele neigings kom in alle bateklasse voor. Mense vra altyd ná die tyd: “Hoe kon ons dit nie sien kom nie?” Rasionele waarneming verdwyn en emosies neem oor.
Wat nou met skaars wild gebeur, is sonder twyfel ’n borrel. En as hy bars, gaan baie mense baie geld verloor. Ek voorsien dat baie soorte skaars wild binne vyf jaar ’ n massiewe nominale aanpassing in prys sal hê – tot op die ewewig-prysvlak wat gedryf sal word deur die finale verbrui- ker se vraag en koopkrag.
Hoeveel nageslag moet teen watter prys ( aan buitelandse jagters) verkoop word om die koste van ’ n buffelbul van R30 miljoen te regverdig? Die volhoubaarheid van die prysbepaling moet gegrond word op die waarde aan die eindverbruiker, nie die verwagte prys wat ’n ryk sakeman of boer op die volgende veiling gaan betaal nie – bloot omdat hy ook glo die prys sal net aanhou klim.
Soos Warren Buffet gesê het: “When the guy polishing my shoes on a New York street corner starts giving me stock trading tips, I know it is time to get out.” HANNES Brief per e-pos ontvang.
‘GEWONE WILDBOERE ÓÓK BEKOMMERD’
Dr. Peter Oberem se reaksie op die Suid- Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se kommer oor bepaalde praktyke in die wildbedryf is redelik insiggewend (“‘Boere’ kap ‘bewaarders’ ”, LBW, 6 Maart). Eerstens het nie die SAJWV as organisasie of enige van sy amptenare of verkose raadslede enige aantygings teen Wildbedryf SA (WRSA) of die wildbedryf in die algemeen gemaak nie.
Die SAJWV het homself met reg uitgespreek oor praktyke wat binne ’ n baie klein deel van die wildbedryf plaasvind, naamlik die mak maak van wilde diere, inteling ten einde bepaalde genetiese eienskappe, soos kleurpatrone en uitsonderlike horinglengtes, na vore te bring en die gepaardgaande bestuurspraktyke wat uit alle oogpunte beskou uiters nadelig op die bewaring van Suid-Afrika se biodiversiteit inwerk.
Die stelling wat ek persoonlik gemaak het, is dat groeistimulante aan diere beskikbaar gestel word om horinggroei te bevorder. Daar is géén melding gemaak van hormonale stimulante nie. Indien dr. Oberem nie van hierdie praktyk weet nie, moet hy gerus die webtuiste van Alzu-voere gaan besoek waarop