Landbouweekblad

LBW| BRIEWE

- Nico Zaayman:

Enige teler van die vreemde kleurvaria­nte wat baie geld daaruit maak, sal enigiets doen en sê om hom- of haarself gerus te stel dat die praktyk nie skadelik is nie.

Daar is twee probleme hier. Eerstens, diere met onnatuurli­ke skaars kleure word met mekaar geteel. Ek sal verbaas wees as inteling nie op lang termyn ’ n nadelige genetiese uitwerking gaan hê nie.

Tweedens, dié boere en die kopers van die wild is naïef. Dr. Johann Rupert het reeds gewaarsku oor ’ n moontlike borrel. Ek het ’n meestersgr­aad in ekonomie, so ek dink ek verstaan wat ’n asset bubble is. Kom ek verduideli­k. ’ n Borrel ontstaan waar die prys van ’ n bate vinniger styg as die werklike of intrinsiek­e waarde ( die waarde afgelei van die werklike verdienste­potensiaal). Wat beteken dit? Die werklike opbrengs of verdienste­potensiaal word gekoppel aan die waarde wat die finale verbruiker van ’n produk aan die produk koppel.

My aanname is dat geen biltongjag­ter R5 miljoen vir ’ n swartwitpe­ns sal betaal nie. So, die finale verbruiker is die oorsese jagter. Die pryse word nie tans opgejaag vanweë ’n toename in die vraag en ’ n toename in pryse wat buitelands­e jagters bereid is om te nie betaal nie. (Hoeveel Yanks sal R30 miljoen vir ’ n buffel betaal?) Dit word eerder opgejaag deur ’n magdom telers en spekulante wat die duur wild koop met die verwagting dat dieselfde bok of sy aanteel in die toekoms teen hoër pryse verkoop sal word. Iewers moet die prysverhog­ings na die finale verbruiker deurgegee word. Ek wil sien hoe dit teen die heersende pryse kan gebeur.

Die prys word dus gedryf deur sentiment en nie werlike waarde aan die finale verbruiker nie. Hoe meer mense glo die prys sal bloot aanhou styg, hoe groter die

F WENBRIE

Posbus 1802, Kaapstad 8000

vraag en hoe meer gaan die prys op – tot op ’ n punt. Dit werk presies so op die aandelebeu­rs – mense koop aandele omdat hulle glo die prys gaan op en nie omdat hulle ’n goeie besigheid teen ’n goeie prys koop nie. Solank mense dit glo, sal daar ’n toename in die vraag wees en die prys sal styg – weereens, tot op ’n punt.

Die Amerikaans­e (en plaaslike) eiendomsma­rk- borrel is ’ n briljante voorbeeld. Almal het eiendom gekoop – nie omdat dit ’n goeie langtermyn­belegging was nie, maar omdat daar geglo is die prys sal binne drie jaar verdubbel en aanhou om dit te doen. Iewers moes die prys van Daar woed ’n woordestry­d tussen die SA Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing en Wildbedryf SA oor sekere praktyke in die bedryf, soos die teel van kleurvaria­nte en diere met lang horings. ’n Aandeel van 25% in dié Wes-Zambiese swartwitpe­nsbul, Tsunami, het onlangs R15,5 miljoen behaal op die jaarlikse wildveilin­g van mnr. Piet de Toit van Rustenburg.

daar openlik wildvoedin­g geadvertee­r word met bymiddels wat horinggroe­i sal bevorder.

Verder is die aantyging dat ons in die SAJWV nie weet wat in die wildbedryf aangaan nie, heeltemal verby die pale, want ons jagters het elke dag te doen met die gewone wildboer wat net so bekommerd oor bogenoemde verwikkeli­nge in die wildbedryf is as die jagters.

Die SAJWV en sy lede is as verantwoor­delike landsburge­rs en jagters wat altyd volhoubare benutting nastreef, genoodsaak om die skadelike praktyke wat gevolg word, teen te staan ten einde die land se biodiversi­teit in ál sy vorms te bewaar.

Dit wil voorkom of ’n sekere groep binne die WRSA ’n skoen aangetrek het wat nou ernstig druk. As dié groep kan hoor wat gewone lede van die publiek, die geleenthei­dsjagter, die natuurlief­hebber en die gewone wildboer oor hul praktyke dink, sal hulle weer daaroor gaan nadink. Die Internasio­nale Raad vir Wild- en Natuurlewe­bewaring ( CIC), die Safari Club Internatio­nal ( SCI), Roland Ward, die Sweedse jagorganis­asie en die Namibiese Profession­ele Jagtersver­eniging het reeds hulself sterk teen dié praktyke uitgespree­k. Is ons dan almal verkeerd?

Ek is nie in boerdery nie, maar dink hy kan meer geld bewillig vir boere se beveiligin­g op hul plase, vir hulle elektrisit­eit verseker deur kragopwekk­ers vir hulle te subsidieer en subsidies aan hulle verskaf vir produksiek­oste en veeteeltpr­ogramme, soos in Amerika en die Europese Unie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa