Landbouweekblad

16 JAAR GELEDE

- DIE MINISTER VAN FINANSIES HET ONLANGS SY BEGROTINGS­REDE IN DIE PARLEMENT GELEWER. WAT SOU JY, AS BOER, GRAAG VIR DIE LANDBOU VAN HOM WOU HOOR? Kobus Pieterse:

Uit: Landbouwee­kblad, 13 Augustus en 10 September 1999

STAMBOEK ONDER SKOOT

Is die SA Stamboek en Veeverbete­ringsveren­iging te baasspeler­ig, is sy registrasi­ekoste vir stoetvee te hoog en moet elke stoetveete­lersgenoot­skap daarom liefs ingevolge die nuwe Wet op Diereverbe­tering (Wet 62 van 1998) self ’n registrasi­e-owerheid word?

Dié vraag het ’n herrie veroorsaak nadat prof. Philip Morgan, afgetrede veekundige en boer van Dewetsdorp, in die artikel “SA Stamboek maak registrasi­e goedkoper”( LBW, 13 Augustus 1999) gewaarsku het telersgeno­otskappe moet hul somme deeglik maak voordat hulle ’n finale besluit neem.

Die raad van SA Holstein het in sy reaksie gesê SA Stamboek tree op asof hy in mededingin­g met die telersgeno­otskappe is, vir eie gewin werk en die genootskap­pe ondermyn.

Dié herrie was kort nadat dr. Pierre van Rooyen, hoofbestuu­rder van SA Stamboek in Bloemfonte­in, die pos sowat 17 jaar gelede aanvaar het. Die bygaande spotprent het na aanleiding van die geskil in LBW van 17 September 1999 verskyn.

Die spotprent is nou weer van toepassing met die geskiedeni­s wat homself herhaal met die stryd tussen die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) en SA Stamboek (lees die LNR se advertensi­e in LBW, 6 Maart, bl. 54, en die nuusberig elders in hierdie uitgawe).

Die Regering kan waterpyply­ne aanlê na droë gebiede in belang van voedselsek­erheid. Die Regering kan grondbelas­ting op landbougro­nd laat vaar omdat boerdery risiko’s inhou. Die Regering kan boere meer militêr ondersteun as om misdadiger­s te beskerm. Maar wat ook al ’n boer of Jan Publiek wil hoor, sal nooit gebeur met ’n korrupte Regering nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa