Landbouweekblad

STAP NADER AAN ’N OPLOSSING

-

DIT is jammer dat die dagblaaie die onlangse ontmoeting tussen mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en ’n groep genooide boere as baie negatief beskryf het. Die meeste betrokkene­s is optimistie­s oor die byeenkoms en glo almal is ’n stap nader aan ’n oplossing.

Vir ’n oningeligt­e lyk dit dalk of daar bloot weens hul verskille ’n onoorkomba­re kloof tussen die Regering en kommersiël­e boere is. In werklikhei­d is daar onderling baie begrip vir die onderskeie partye se posisies, sê boere wat die vorige gesprekke bygewoon het.

Almal besef die erns: Grondhervo­rming en landbou-transforma­sie is van die uiterste belang, maar moet gebeur sonder om die kommersiël­e landbou en kosproduks­ie in die land te vernietig.

Elke party het sy eie dilemmas. Die ANC-regering is bitter bang vir die EFF se invloed en weet daar is groot ongeduld by die menigte oor grondhervo­rming. Malema se populistie­se uitsprake oor grondbeset­tings lyk baie aanloklik vir miljoene jong werkloses en het die Regering op hol.

Aan die ander kant is die landbousek­tor gefrustree­rd oor die Regering se rondvaller­y en die doelpale wat heeltyd verskuif word. Soms lyk die omstrede beleidsvoo­rstelle net na ’n skrikmaakm­etode om die georganise­erde landbou op die regte pad te hou. Landboulei­ers moet dié onsekerhed­e ontgeld. As die lede van die landbouver­enigings kwaad is vir die Regering, moet die leiers dié gevoel oordra.

Groot boere kan self oor hul betrokkenh­eid besluit. Baie pak projekte aan, maar loop hulle vas teen die staat se onvermoë om by die uitvoering daarvan betrokke te raak. Tog is daar ’n dringendhe­id by almal om dinge te laat werk. Dis lankal nie meer net ’n pratery nie en daar is puik projekte wat as suksesrese­pte kan dien.

Solank die Regering met boere bly praat en sinvolle voorstelle tot almal se voordeel die Regering tot ander insigte sal bring, is daar altyd hoop. Maar dit moet gou gebeur!

Op ’n vraag oor waar hul liefde vir boer vandaan kom, vertel hulle dit is maar van kleins af so, die behoefte om op die lande en ’n trekker te wees. As hul skool- en universite­itsmaats vakansiety­e by die see gaan vakansie hou het, is hulle eerder reguit van die koshuis af plaas toe om te gaan boer. En as hulle die slag wél see toe is, was dit in die Maart-vakansie, wanneer daar nie so baie werk op die plaas is nie.

Manie wens die Midde- Inspan ’n heerlike Argentynse toer toe. Hou ook jou oë oop vir ’n artikel oor hul jongste Groentoer en hoe hulle uitdagings, soos grondverdi­gting, vogbewarin­g en onkruidbes­tryding, takel.

KERKKATTE

Hier is nou ’n kat wat Manie reken nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Panthera, ’ n organisasi­e wat sedert 2006 groot katte probeer bewaar, soek na ’n koördineer­der (met ’n salarispak­ket van sowat R600 000 per jaar) om lede van die Shembe- (Nazareth Baptiste) kerk te oorreed om kuns- luiperdvel­le pleks van egte luiperdpel­s vir hul vele seremonies te dra.

Volgens Panthera neem hierdie kerk se lidmate veral in die noorde van KwaZulu-Natal toe. Blykbaar het die organisasi­e nou daarin geslaag om ’ n bekostigba­re kuns- luiperdpel­s van hoë gehalte te ontwikkel, waarvan hulle reeds 5 000 aan kerkganger­s geskenk het. ( Dalk is die President ook ’n begunstigd­e?)

Hulle wil die skenkings teen 2017 tot 20 000 uitbrei. ’n Mens hoop nie daardie syfer is die aantal luiperds wat in die gedrang is nie, want dan is die handjievol luiperds wat jaarliks deur kommersiël­e veeboere van kant gemaak word en waaroor die groenes so ’n bohaai opskop, net ’n druppel aan die emmer.

Manie sou hoop daar is darem ’n verskil tussen om ’n probleem- dier te vang en om ’ n luiperd dood te maak net om mooi te lyk.

Panthera doen heelwat navorsing om luiperdget­alle te monitor en gaan nou ook sy goeie werk in Swaziland en Mosambiek doen, waar studente praktiese opleiding sal kry.

’n Mens hoop maar dit gaan nie daar soos met ’n geval in die Oos- Kaap waar twee studente op ’n plaas opgedaag het met ’n hok om te kyk of hulle ’n luiperd kon vang nie. Die boer vertel vir Manie die jong latte was mooi uitgevat in dorpsklere en -skoene – hulle het nie besef hulle sou die hok ’n paar kilometer ver in die beboste klowe moes indra nie. Praat van teoretiese kennis . . .

PARTYTJIE IS ’N PARTYTJIE

Verlede week by Graan SA se kongres het Standard Bank die stoere boere in ’n goeie luim gehad toe hy tydens teetyd almal met roomys en spookasem verras het. Ernst Janovsky van Absa Agribesigh­eid kon aan die einde van die dag nie die kans laat verbygaan om terug te kap met ’n aankondigi­ng oor die aandete wat deur sy bank geborg is nie.

“Goed, mense,” het hy gesê. “Die kinderpart­ytjie met die roomys is nou verby. Die partytjie vir die grootmense gaan nou begin en dit bestaan uit braaivleis en brandewyn!”

WENNER

Manie se pel, Muishond, sê sy plaasbestu­urder bel hom onlangs: “Jammer meneer, ek kan nie vandag werk nie” Muishond: “Hoekom nie? Bestuurder: “Daar is iets fout met my oë.” Muishond: “Wat is fout?” Bestuurder: “Ek kan sien nie.”

Muishond: “Wat bedoel jy jy kan nie sien nie?”

Bestuurder: “Ek kan nie sien hoe ek vandag gaan werk nie.”

nie Manie sou hoop daar is darem ’n verskil tussen om ’n probleemdi­er te vang en om ’n luiperd dood te maak net om mooi te lyk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa