Landbouweekblad

SA weer die wêreld se muishond?

-

DIT

het die Zuma-administra­sie net mooi vyf jaar gekos om mnr. Trevor Manuel, voormalige Minister van Finansies, se harde werk oor 14 jaar goed op te dinges, vertel Manie se ekonoom-vrinne.

Trevor het 14 jaar lank geveg om staatskuld van 50% tot 25% van die land se ekonomie te verlaag. En kyk net waar sit ons nou weer. Onder Zuma het ons binne vyf jaar weer by 51% uitgekom. Manie reken dit moet ’n taamlike bitter smaak in Trevor se mond laat as hy sien hoe sy harde werk vernietig is. Die gevolge gaan egter galbitter wees as die internasio­nale kredietreg­uleringsag­entskappe boonop in Junie besluit om Suid-Afrika se kredietgra­dering weg te vat omdat ons staatskuld so buite beheer is.

Dit sal natuurlik ’n swak beeld na die buiteland stuur en Suid-Afrika sal gesien word as net nóg ’n land in Afrika wat nie werk nie. Dit kan letterlik jare kos voor Suid- Afrika weer ’ n kredietgra­deringstat­us kry.

En, sou dit gebeur, hoor Manie, kan ons maar verseker wees die Regering gaan paniekerig­e spronge maak – kompleet soos ’n kat op ’n warm sinkplaat. Ons weet nou al almal: Hoe meer paniekerig die Regering raak, hoe meer radikaal tree hy op.

Manie sal maar op sy hoede bly vir ’n onverwagse hou of twee, want die politici gáán ’n plek soek om uiting te gee aan hul frustrasie. En waar is daar nou ’n makliker slaansak as die landbou?

MANIE MIDDE-IN

Hoe verfrissen­d was dit nie om die Midde-In-studiegroe­p van Bultfontei­n se jaarlikse Groentoer mee te maak nie, vertel Manie se Vrystaatse kollega.

Al is dit midde-in die kwaaiste droogte in dekades en ook amper in die middelpunt van die gebied wat die swaarste daardeur getref word, was dit duidelik dat dié span van oorwegend jong manne nie sommer ondergekry word nie.

Op die volgepakte Groentoer-program was ’n volle nege besoekpunt­e op gesaaide lande oor die distrik heen, waar die boere en ’n sterk span kundiges indringend bespreek het wat in die profielgat­e te sien was.

Hul passie vir boerdery en om hul verbouings­praktyke tot op die sentimeter, kilogram, milliliter en sente te verfyn, is ’ n riem onder die hart. Dit is des te meer omdat die studiegroe­p voortgedry­f word deur ’ n span jonge manne van 22 jaar tot 26 jaar oud. Baie boer saam met hul pa’s, wat ook lede van die studiegroe­p is, maar dit is duidelik dat die jongspan die leisels stewig vasgevat het.

Hulle is juis nou amper byna almal op pad Argentinië toe, waar hulle die volgende twee weke gaan kyk hoe boere geenbewerk­ing daar toepas.

Die studiegroe­p se ontstaan spruit uit die Midde- In- boereveren­iging wat al in die middel jare vyftig gestig is. In 2008 het die studiegroe­p en boereveren­iging saamgesmel­t en nuwe lewe gekry. Vandag het hulle ongeveer 40 aktiewe lede, glo een van die grootste aktiewe boereveren­igings, indien nie dié grootste nie, in die Vrystaat. Saam plant hulle sowat 25 000 ha mielies, 10 000 ha sonneblomm­e, 4 000 ha grondbone en nog so 1 000 ha ander gewasse aan. Indrukwekk­end!

BO: Te midde van die verwoesten­de droogte het ’n gees van wedersydse uitreiking tussen politikus en boer vanjaar op Graan SA se kongres geheers. Van links is mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van die produsente-organisasi­e, me. Manketsi Tlhape, LUR vir landbou in Noordwes, die provinsie wat die swaarste getref is, mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en mnr. Victor Mongoato, ’n ondervoors­itter van Graan SA. FOTOS:

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa