Landbouweekblad

LBW| HOOFNUUS ZOKWANA BEÏNDRUK BOERE

-

“JUL vrese is my vrese; jul probleme is my probleme,” het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, aan afgevaardi­gdes op Graan SA se jaarkongre­s gesê.

Die olyftakke het op die kongres geswaai, en daar was talle wedersydse betuigings van waardering en kompliment­e tussen Zokwana en die boere.

Afgevaardi­gdes het Zokwana, wat ook in die Oos-Kaap boer, uiteindeli­k staande toegejuig.

Hy het in sy toespraak daarop gewys dat nie net boere in die heersende droogte ly nie, maar dat die hele land seerkry. “Nie net die lot van boere nie, maar voedselsek­erheid is in gevaar. Ek voel saam met julle, boere.”

Hy het aangekondi­g dat hy ’n taakgroep van kundiges vanaf universite­ite en ander instelling­s gaan saamstel om die impak van die droogte te ontleed, en maatreëls voor te stel om te verseker dat boere teen volgende jaar in ’n posisie is om weer te kan plant.

AFWESIGE LUR’E GEKAP

Hy het bygevoeg dat provinsial­e regerings droogteget­eisterde ge- biede tot rampgebied­e moet verklaar sodat boere ramphulp kan kry. Zokwana het terselfder­tyd provinsial­e LUR’e vir landbou oor die vingers getik omdat nie een van hulle, buiten Noordwes se LUR, op die kongres was nie.

“Op dae soos hierdie moet die LUR’e hier wees om te hoor wat boere sê. Ons moet ’ n kultuur skep waarin elke LUR hier is. Ons wil hê hulle moet met julle praat sodat hulle, wanneer hulle beleid formuleer, verstaan wat daardie beleid moet bereik.”

Zokwana het verwys na ’n byeenkoms van boere in Frankryk, wat hy pas bygewoon het en waar selfs die Franse president opgedaag het, “om vir die boere te sê ons is agter julle”.

‘VANG AANVALLERS VOOR HUL MOOR’

Oor plaasaanva­lle het Zokwana gesê hy meen die misdadiger­s moet die boodskap kry dat dit nie wys is om na ’n plaas te gaan en ’n boer aan te val nie. Hulle moet in hegtenis geneem word voordat hulle ’n boer aanval, en nie eers nadat ’n plaasmoord gepleeg is nie. “Dit is nie net ongelukkig as ek hoor dat nóg ’n boer vermoor is nie, dit is sleg.”

Zokwana het Graan SA se leiers bedank dat hulle vennote in die beskerming van voedselsek­erheid is, en dat hulle ’ n vooruitstr­ewende organisasi­e bedryf. “Dit is bemoedigen­d om mense soos julle te ontmoet wat nie in die Regering is nie, maar die werklikhed­e en uitdagings van hierdie land verstaan,” het die minister gesê.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, het Zokwana bedank vir sy persoonlik­e ingryping om besproeiin­gsboere aan die Oranjerivi­er van beurtkrag te help verlos. Danksy Zokwana se hulp was daar die afgelope twee weke geen beurtkrag in dié gebied nie, het Steytler gesê.

Steytler het in reaksie op Zokwana se toespraak gesê die landbou het in die minister ’n ware ambassadeu­r gevind.

“Hy hét ons vennootska­p. Zokwana het op Graan SA se Produsent van die Jaar-onthaal ingestem om ’n kampioen vir die landbou te word, en dít het hy gedoen. Na my mening het ons die eerste keer ’n man met wie ons kan besigheid doen, wat eerlik en reguit is,” het Steytler gesê.

Hy het aan Zokwana ’ n eerbewys namens Graan SA oorhandig vir sy bydrae om nuwe wêreldmark­te vir Suid- Afrikaanse grane en oliesade te help open. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa