Landbouweekblad

DROOGTE ‘GROOTSTE UITDAGING IN ANC SE BEWIND’

-

DIE

heersende droogte gaan die Regering voor die grootste uitdaging in sy twee dekades aan bewind plaas, is gewaarsku.

Boonop is die kans goed dat die uiteindeli­ke omvang van die droogteska­de veel groter kan wees en die oes nog kleiner as wat tot dusver geskat is, het mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, gesê. Berigte van droogteska­de word nou ook uit Mpumalanga ontvang. Reën is daar binne die volgende week dringend nodig.

Die Vrystaat en Noordwes is die twee provinsies wat die meeste mielies produseer, gevolg deur Mpumalanga, waar verlede jaar 2,78 miljoen ton gestroop is.

’n Bykomende kwelling is die impak van vanjaar se droogte op die volgende somerplant­tyd. As dit nie die res van die seisoen goed reën nie, kan boere volgende jaar se aanplantin­gs drasties inkort. Die probleem word vererger deurdat versekeraa­rs in talle gebiede hul aptyt vir die hoë risiko verloor het, het Steytler gesê.

Mnr. Andries Theron, ondervoors­itter, het ’n dringende beroep op mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gedoen om boere en hul werkers wat onder die droogte ly, in hierdie moeilike tyd op alle vlakke van Regering by te staan.

“Verseker gaan hierdie droogte waarskynli­k die Regering voor sy grootste uitdaging in sy 20-jarige bewind-tydperk plaas. Honger mense het nie ’n politieke party nie. Hulle het net die verantwoor­delikheid om hul gesin te voed.

‘‘Voedselpry­se gaan ongetwyfel­d styg, ons sal móét saamwerk. Die uitdagings gaan groot wees, maar ek wil die Regering verseker dat Graan SA hom waar nodig en so ver moontlik sal bystaan om voedselsek­erheid te bewerkstel­lig,” het Theron gesê.

“Droogte respekteer nie mens of dier nie; dit tref nie ( vel-) kleuronder­skeid nie, dit respekteer nie eens landsgrens­e nie.”

Hy het banke, versekerin­gs- en landboumaa­tskappye gevra om boere in hierdie tyd by te staan. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa