Landbouweekblad

‘ANC WIL NIE WIT MET SWART BOERE VERPLAAS’

-

DIE

ANC sal nie sy grondhervo­rmingsplan­ne op so ’n manier deurvoer dat voedselsek­erheid daaronder ly nie, het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gesê. Voedselsek­erheid bly steeds die sleutelsaa­k, het hy gesê.

Zokwana het dié versekerin­g oor die grondkwess­ie aan boere op die kongres gegee.

Zokwana het die indruk gewek dat die voorgestel­de grondplafo­n van 12 000 ha blykbaar nog nie ’n uitgemaakt­e saak vir die ANC is nie toe hy boere genooi het om met werkbare teenvoorst­elle te kom as só ’n plafon hul besigheid sou seermaak. “Kom praat met ons daaroor,” het hy gesê.

Hy het wel bygevoeg dat hulle van elke kommersiël­e wit boer verwag om as mentor vir ’n swart nuweling- boer op te tree. Hul plig is nie net om boer te wees nie, maar ook onderwyser­s.

Zokwana het ’ n beroep op boere gedoen om op openbare platforms, soos die grond- imbizo’s, by onderhande­lings oor grondhervo­rming betrokke te bly, en hul saak aan te hou stel.

Zokwana het gesê dat iemand wat sê grond moet sonder vergoeding gegryp word, nie in die Parlement hoort nie.

Hy het ook gesê sy Regering se beleid behels nie dat dié wat in die verlede bevoordeel is, nou moet betaal nie. “Ons wil nie wit kommersiël­e boere met swart boere verplaas nie. Op elke vergaderin­g wat ek bywoon, is dit duidelik dat die waarde van julle wit kommersiël­e boere vir die land terdeë besef word, en ook dat die land julle nodig het.”

IMBIZO WAS ‘GUNSTIG’

Dít kom nadat berig is dat boere en mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, op die jongste grond- imbizo in Illovo, Johannesbu­rg, sleg haaks was.

Die imbizo volg kort op die hakke van pres. Jacob Zuma se staatsrede waarin hy die grondplafo­n van 12 000ha as een van die maatreëls genoem het wat sy Regering gaan gebruik om grondhervo­rming te versnel.

Mnr. Roelf Meyer van die Transforma­tion Initiative, een van die organiseer­ders, het op die Graan SA-kongres gesê mediaweerg­awes van wat op die imbizo gebeur het, was “totaal ver- keerd”. Die imbizo was, volgens Meyer, eerder baie gunstig. Daar is nou heelwat minder kwessies waaroor die partye verskil as voorheen, en dié verskille is ook nie onoorkomba­ar nie, het hy op die kongres gesê.

Zokwana het ook gekla dat beriggewin­g van byeenkomst­e wat hy bywoon, dikwels “sensasione­el” is. – MARLEEN SMITH

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa