‘Kom met beter voorstelle oor grond’
“AS julle nie oor die grondplafon saamstem nie, kom met jul motivering. Jul insette word ernstig opgeneem en julle moet dit saam met ons tot ’n punt voer,” het mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, op ’n grondberaad gesê.
Die byeenkoms in Johannesburg tussen Mantashe en van die land se bekendste boere en ander belanghebbendes was die derde imbizo in sy soort oor grondhervorming.
Hy s ê gr ondplafonne en grondbesit deur buitelanders is in die ANC se lekgotla en die Kabinet bespreek. Daar was meningsverskil oor die grootte van 12 000 ha en twee plase, maar dit was die besluit. “Die taak is nou om met ’n verrykte debat te kom en die voorstelle na die Regering te neem. Ons wil ook jul menings hê oor die beperking op die besit van landbougrond deur buitelanders.”
Mantashe het gesê die Rege- ring soek nie veranderinge wat die landbou sal vernietig nie.
Hy het gewaarsku dat grond nie net oor produksie en geld gaan nie. “Om te veg vir die status quo is vir almal gevaarlik omdat emosie rasionele denke sal oorneem. Baie van julle onderskat die mobilisering van die rooi barette, net op grond van emosie. Rasionele mense in die land moet saamstaan om grondhervorming ordelik te doen. Dit kan nie net ’n vrywillige proses wees nie. Die mense met toegang tot grond moet besef daar is ander wat ook toegang wil hê, anders is ons op ’n rampspoedige pad.”
Hy waarsku as die proses vertraag word, sal die EFF emosies opjaag en die landbou vernietig. “Die ANC is nie roekeloos met hierdie proses nie. Daarom praat ons met julle. As julle egter die ANC in die tande skop, sal anargie oorneem. ’n Mens sien dit elke dag in die Parlement.
“In hul eerste verkiesing het
VENNOOTSKAPPE
Volgens Mantashe gaan dit nie by die ANC daaroor om die doelpale te verskuif nie. “Ons soek ’n model wat kan werk. Ons is opgewonde oor vennootskappe, want dit pak die probleem op ’n praktiese vlak aan.”
Hy het boere die versekering gegee dat hul bydraes tydens die imbizo werklik ’n bydrae lewer tot beleidsformulering, al word nie noodwendig gesê die insette kom van hulle af nie.
Hy sê verandering is pynlik, maar as ’n mens eerder ’n drywer van verandering as ’n slagoffer is, is dit opbouend en ’n uitdaging.
Toe mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris- generaal van Afasa, vra of dit nog sin maak om oor grondplafonne te debatteer nadat pres. Jacob Zuma dit in die
Die Regering se beleidsvoorstelle oor grondhervorming is nie in beton gegiet as boere met beter werkbare voorstelle vorendag kom nie, sê mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC.
NAVORSING toon dat beleggings in die landbou hoofsaaklik aangehelp word deur die belofte van goeie winste om te vergoed vir die buitengewone risiko’s.
Mnr. John Gibbs van die konsultante- groep In Transformation Initiative ( ITI) sê daar is modelle wat wys hoe belangrik grondeienaarskap is.
Hy het by die grondberaad gesê ’n mens moet jouself afvra hoekom iemand in die landbou sal belê en ook hoekom juis in Suid-Afrika?
Die tipiese Noord-Amerikaanse en Europese belegger kan daar risikovry 2% verdien en met risiko sowat vier keer meer – dus tussen 8% en 10%. In Suid-Afrika kan ’n mens risikovry sowat 5% verdien en met risiko moet dit dan sowat 20% wees.
Gibbs sê in die landbou skep drie pilare wins: Eerstens i s dit die kapitaalwaarde van die grond en oor die afgelope 50 jaar was die prystoename in goeie plaaslike landbougrond sowat 14% per jaar. In die tweede plek is die mikpunt om tussen 8% en 12% wins met die boerdery te verdien, maar in Suid-Afrikaanse klimaatsomstandighede is dit dikwels minder as 5%.
Die derde faktor is belastingtoegewings. Dit speel ’n belangrike rol in die wese van die landbouproduksiestelsel.
Hy sê die Regering speel ’ n baie pertinente rol betreffende beleid, hulp aan die landbou, belastingtoegewings, subsidies en tariewe.
Beleggings in die landbou is gewoonlik ook ’ n langtermynbelegging. Sonder sekerheid van eiendomsreg by wyse van titelakte of ’n langtermynhuurkontrak kan boerderye nie volhoubaar wees nie. Dit is ook noodsaaklik om finansiering te bekom.