Landbouweekblad

‘Die Regering verskuif die doelpale’ ‘ONS WIL KAN WINS MAAK’

-

MEER as 90% van 1 400 kommersiël­e boere het in ’n opname aangedui dat hulle nie verstaan waarheen die Regering met die landbou op pad is nie, want die beleid verander voortduren­d, het mnr. Hans van der Merwe, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, op die grondberaa­d gewaarsku. “Ons is bekommerd oor wat ons sien as onuitvoerb­are en onbekostig­bare voorstelle. Ons is ook onseker as die Regering met ons gesprek voer, spertye gee vir voorstelle en dan na vore kom met grondligge­nde veranderin­ge aan die raamwerk wat voorgehou is. Wat moet ons doen en wanneer? Dit is belangrike kwessies binne ’n toekomstig­e verhouding.”

Van der Merwe het beklemtoon die Regering moet eerder bemiddel as reguleer: “Dit is oorweldige­nd duidelik dat die goeie gesindheid daar is om grondhervo­rming deur te voer en die kapasiteit is ook daar. Die Regering moet die proses vergemakli­k eerder as om te domineer en reguleer.” Van die beginsels wat in ag geneem moet word, is die diversitei­t van Suid-Afrika se landbou en die feit dat een plan nie vir almal kan werk nie.

Die kwessies waaroor daar onsekerhei­d is, is onder meer: Wat is die Regering se ware verbinteni­s tot die Nasionale Ontwikkeli­ngplan? Wat moet gebeur as ’ n bemagtigin­gstransaks­ie plaasvind op grond wat met die heropening van grondeise geëis word? Wat is die Regering se posisie oor grond wat reeds op die mark is en hoekom pas hy nie die reg van eerste weiering toe nie?

Grondplafo­nne het nêrens gewerk nie. Gaan vennootska­ppe vrywillig wees? Hoe werk die finansieri­ng van projekte? In watter mate kan die georganise­erde landbou nog insette lewer?

Die georganise­erde landbou meen die Regering verskuif die hele tyd die doelpale en dit veroorsaak groot onsekerhei­d, sê Agri SA. Sonder grondeiena­arskap in die landbou kan Suid-Afrika nie welvaart skep nie, blyk uit navorsing vir internasio­nale beleggers.

MELKBEDRYF

Die melkbedryf in KZN maak reg vir ’n moeilike winter, sê mnr. Edsel Hohls, voorsitter van die KZNmelkpro­dusentorga­nisasie. “Melkboere in die Dundee, Greytown, Winterton en Berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa