‘LAAT ONS INISIATIEF NEEM’
’ N VOORSTEL om ’n “oorlogskamer” vir die landbou en grondhervorming op die been te bring, wat in hervormingsprosesse as tussenganger kan optree, is op die imbizo bespreek.
Suksesvolle her vormingsprojekte waarby kommersiële boere reeds betrokke is, is ook bekyk, soos die gesamentlike boerdery Giya Mlimi van die Grey-familie van Ermelo en nege plaaswerkers wat ’n maatskappy gevorm het. Die nege werkers besit 49,5% van die boerdery, die Greys 40,5% en die ander plaaswerkers kry 10% van die bedryfswinste. Daar word onder meer met 5 500 skape en 1 350 beeste geboer. In Mopani s e l andbou- ontwikkelingsforum het kommersiële boere en ontwikkelende boere in 52 distrikte begin om 20% van die kommersiële landbougrond te identifiseer vir gesamentlike ontwikkeling, soos voorgestel in die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Die derde voorbeeld is die Mooketsi- streekmark. ’ n Kommersiële boer het ’ n pakhuis omskep in ’n mark waarheen 70 ontwikkelende boere hul produkte bring en 4 000 handelaars die produkte koop.
TOT ALMAL SE VOORDEEL
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het gesê dit is duidelik en noodsaaklik dat vennootskappe vrywillig en tot almal se voordeel moet wees.
Mnr. Andries Pienaar, Merinoboer van Colesberg, het gesê die meeste boere is bereid om met die Regering saam te werk, maar wil weet hoekom die Regering nie van die 13 000 plase in die mark koop nie. Mnr. Phillip Retief van die Van Loveren- landgoed in die Breederiviervallei het gesê soms is die Regering self ’n struikelblok vir hervorming. Hulle sukkel al meer as drie jaar om waterregte vir ’n gesamentlike projek met werkers te kry.
Daar is besluit die organiseerders moet die proses verder voer. Dit is die Universiteit Stellenbosch se fakulteit landbouwetenskappe, Standard Bank se sentrum vir agribesigheidsleierskap en mentorskap- ontwikkeling, die In Transformation Initiative en die Universiteit van Pretoria se sakeskool, GIBS.
Sake op die tafel is om meer staatsdepartemente by die gesprek in te sluit en om ’n manier te kry om die kommersiële landbou ’n rol te gee by die formulering en beïnvloeding van beleid.
Die Regering ken nie die landbou soos boere nie. Maar hy luister na goeie voorstelle en boere met eerder proaktief optree as om net te kritiseer, was mnr. Mike Mlengana, voorsitter van Afasa, se pleidooi.
“Groen droogte”. In die Gingindlovu-omgewing aan die KwaZulu-Natalse Noordkus het die suikerriet sedert April 2014 slegs 11 cm gegroei teenoor sowat 1,2 m in die verlede.