Landbouweekblad

HOË PRYSE, GROOT DRUK VERWAG

- MARLEEN SMITH

VERWAG hoë produsente­pryse, ’n selfs nóg kleiner oes en reusedruk op ons vervoerinf­rastruktuu­r om groot hoeveelhed­e mielies en sonneblomm­e in te voer. Dít is die boodskap aan boere sedert die Nasionale Oesskattin­gkomitee verlede week in sy eerste produksies­katting van somergesaa­ides bekend gemaak het dat die verwagte nasionale mielieoes nou op net 9,67 miljoen ton staan. Dit is ’ n derde kleiner as verlede jaar se oes.

Die verwagte sonneblomo­es is ook ’n derde kleiner as dié van verlede jaar en die verwagte sojaboonoe­s ’n aks laer, ondanks ’n sterk uitbreidin­g in vanjaar se aanplantin­gs.

Graan SA het in sy reaksie op die skatting benadruk dat dit maar net ’n eerste raming is en nie ’ n scenario van opbrengste teen die einde van die produksiet­yd (strooptyd is eers vanaf Mei) nie. As die droogte in die komende weke voortduur, kan die oes selfs kleiner wees, wat beteken meer sal ingevoer moet word.

Die totale maandeliks­e behoefte aan mielies in SuidAfrika en sy buurlande Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland is net meer as 900 000 ton per maand. “Ons invoerinfr­astruktuur sal meer as 1,5 miljoen ton koring saam met 1,65 miljoen ton mielieinvo­er moet behartig. Die logistieke ergernis daarmee kan transaksie­koste verhoog en invoer selfs duurder maak, wat die beskikbaar­heid van invoermiel­ies om in plaaslike behoefte te voorsien, sal beperk,” sê mnr. Wessel Lemmer, senior ekonoom van Graan SA.

Daar i s dus min rede vir plaaslike mielieprys­e om in die rigting van laer uitvoerpar­iteitvlak te daal, meen Lemmer. Pryse sal eerder in die rigting van invoerpari­teit neig en veral in Junie, Julie en Augustus (die plaaslike oestyd) sal pryse in ’n groot mate bepaal word deur hoe flink mielies aan die mark beskikbaar gestel word.

As boere in dié tyd sou besluit om hul mielies terug te hou, kan mielieprys­e vir die grootste deel van die bemarkings­jaar en tot einde Februarie volgende jaar teen die hoër invoerpari­teitvlakke verhandel, meen Lemmer. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa