Landbouweekblad

Stamboek wil eerder praat as baklei

-

“ONS gaan nie betrokke raak by ’n mediageveg met die LNR nie.” So het dr. Pierre van Rooyen, hoofbestuu­rder van SA Stamboek, gereageer op ’n dubbelblad­advertensi­e wat die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) verlede week in Landbouwee­kblad geplaas het om “onakkuraat­hede en halwe waarhede wat in die bedryf rondloop, reg te stel”.

In dié advertensi­e voer die LNR aan dat mediaberig­te die instansie se beeld skade doen deur eensydige beriggewin­g.

Van Rooyen sê die LNR het ’n brief met soortgelyk­e inligting ’n week vantevore aan al die telers wat aan Stamboek behoort, gestuur. “Ons het toe reeds ’ n raadsverga­dering gehou en besluit Stamboek verkies om regstreeks met die LNR te praat.”

Hy sê as dit van Stamboek afhang, sal hulle verkies om die geskil tussen die twee organisasi­es om ’n tafel te besleg. Hy sê die hele bedryf ly onder die twee instansies se twis.

WAAR KOM DIT VANDAAN?

Die onmin het ontstaan toe die LNR vroeg in 2012 sy rekenaars waarop die Intergis- stelsel gehuisves word, uit die SA Stamboek se gebou in Bloemfonte­in verwyder het. Stamboek het dadelik ’ n ander stelsel, Logix, in werking gestel, maar die LNR sê die data wat gebruik word, is dié instansie se intellektu­ele eiendom en beskuldig Stamboek daarvan dat hy in sy nuwe liniêre, onsydige beramingst­elsel (BLUP) met die LNR se kalwers ploeg en hulle boonop inspan om met die LNR mee te ding.

Die LNR het SA Stamboek verlede j aar hof toe gevat en het spoedig deurgeloop onder beskuldigi­ngs dat die instansie weens beweerde geldtekort­e nie kon byhou by die tegnologie en wêreldneig­ings nie en dat die LNR nou belastingb­etalers se geld in die hofgeding teen SA Stamboek gebruik.

In sy advertensi­e beskryf die LNR dié bewerings as “onwaar” en “kwaadwilli­g”. Die LNR sê hy poog juis om sy intellektu­ele eiendom, waarvan die ontwikkeli­ng deels deur belastingb­etalers gefinansie­r is, te beskerm.

DIE MINISTER PRAAT

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister vir Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê hy het met SA Stamboek vergader en ingestem om hul voorstel oor te dra dat ’n vergaderin­g met die LNR belê moet word om die kwessie te bespreek.

“Dit is noodsaakli­k dat SA Stamboek op een of ander manier voortbesta­an, maar dit moenie die werk van die LNR in die wiele ry nie.” – JASPER RAATS

Mnr. Willem Goosen (links), van die NWKV, verduideli­k aan ’n groep Oos-Kaapse kleinboere waarna hulle behoort te streef met wol. Die NWKV pleit om regeringsh­ulp om meer weidingsgr­ond te help ontwikkel. FOTO: THEUNS BOTHA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa